Kers Vers en Melodie gaan op reis. Die Kunste Akademie se musiekdepartement het deelgeneem aan die jaarlikse Kers, Vers en Melodie. Die aanbieding is deur die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein.
Hierdie jaar is ‘n reis geneem en musiekleerders en die senior koor van die skool het deelgeneem aan die bekendstelling van “Reisgenote”. Dit was ‘n samestelling van kortverhale oor die lewensreis en ervaring van Dr Juanita Erasmus-Alt. Sy is verbonde aan die Kunste Akademie van die skool. Die program het verskeie musiek items gelewer deur leerders en plaaslike kunstenaars. Park-se-Boys, die skool se seunssangroep, het saam met die bekende trekklavierspeler, David Fourie met “Daar kom tant Alie” vermaak.
Die nuutverkose koorbestuur bestaande uit Verne Nel, Simone De Witt, Megan Botes en Anika Botha het tydens die aand hul buiging gemaak as leiers van die senior koor.

Lees meer oor Hoërskool Fichardtpark:
Become a Sponsor








