Fichies groet. Om afskeid te neem is nie vir ‘sissies’ nie, maar om van drie fenomenale onderwyseresse afskeid te neem is nie aldag maklik nie.
Fichies op ‘n merkwaardige wyse van mevv Lettie Barker, Lizette Burger en Elsie Coetzee afskeid geneem. Die onderskeie sprekers/leerlinge wat hul gegroet het, het elkeen van hierdie dames se uniekhede, onderrigstyl en menswees in een kort toespraak vasgevang. Afskeidstoesprake van elkeen van hierdie onderwyseresse het van dankbaarheid, liefde, omgee en ‘n trotse hart wat Fichie-blou is, gespreek.
Die leerlinge van die skool het na die verrigtinge ‘n erewag gestaan, en soos die tradisie bepaal, is die klok voor die skool, deur juffrou Elsie, juffrou Lettie en juffrou Lizette vir een laaste keer gelui.
“Die Fichies salueer jul. Ons beste wense vergesel jul met jul pad vorentoe. Ons gaan jul baie mis.”
#fichiesgroet #fichielegendes #voorkeurskool #fichietrots
Foto verskaf
Lees meer oor Hoërskool Fichardtpark:
Become a Sponsor








