Uppie landloper preseer.
Kate Nugent, `n gr. 8 leerder van Hoërskool Upington, het die afgelope naweek vir die ZF Mgcawu Distrik Skolespan aan die Noord-Kaap Skole landloopkompetisie deelgeneem en `n baie goeie 3de plek verower. Sy gaan dus nou aan die einde van die maand aan die Nasionale Skole landloopkompetisie deelneem.
Kate is ook gekies om eerskomende Saterdag aan die ASA Senior Landloopkompetisie te Potchefstroom deel te neem.