Karate Suid-Afrika. Hanré Dreyer, Graad 9 leerder van Hoërskool Witteberg, het die afgelope naweek aan die KSA (Karate Suid-Afrika) Nasionale kampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het Vrydag en Saterdag plaasgevind in Tongaat, KZN.
Hanré verower ‘n brons medalje in kumite asook vir span kumite vir die Vrystaatspan in die kadet seuns afdeling.
Sondag het daar ‘n KSA oefen-sessie plaasgevind. Na afloop van die oefen-sessie is die Protea span en die KSA span aangekondig. Dié span sal Suid-Afrika in Junie vanjaar in Namibie verteenwording by die UFAK Region South Kampioenskappe. Hanré is tot die Protea span gekies vir kumite asook vir die KSA span vir kata.
Hy ontvang sy Protea kleure vir kumite en KSA kleure vir kata.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf