Karate. Marlie, leerder van Hoërskool Bellville, het op vyfjarige ouderdom begin karate beoefen by die Kyokushin Karate Skool.
Nege jaar later het sy haar Swart Gordel suksesvol verwerf tydens ’n karatekamp waar Japannese sensei’s die graderingsproses gelei het.
As deel van hierdie uitdagende toets moes sy 15 tot 20 intense gevegsrondes voltooi – selfs teen die twee Japannese meesters. Dit was ’n beproewing van haar fisieke én geestelike krag, maar Marlie het deurgedruk met vasberadenheid om haar doelwit te bereik
Deur harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het sy haar Swart Gordel op ‘n waardige wyse verdien.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor











