Junior SA Rolbal. Vier leerders van Langenhoven Gimnasium is gekies om Eden by die 2025 Junior SA Rolbal Nasionale Toernooi in Bloemfontein te verteenwoordig.
Die toernooi vind vanaf 29 Maart tot 1 April plaas.
Die leerders wat in die verskeie spanne opgeneem is:
O.18A span
- Schalk de Jager: Kaptein (dit is sy vierde jaar wat hy deelneem)
- Jade Schoeman: tweede (tweede jaar wat sy deelneem)
O.18B span
- Michael de Bruyn: derde (tweede jaar wat hy deelneem)
- Christiaan Esterhuyse: tweede (eerste jaar wat hy deelneem)
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor










