Junior Rugby. Paul Roos Gimnasium het op 22 Oktober sy eerste oefensessie van die Junior Rugby-akademie aangebied. Dit het plaasgevind in samewerking met Rudolph Optics, PRG se premium sportborg. “Spelers van regoor die Wes-Kaap het die sessies bygewoon. Dit is ‘n duidelike bewys van die behoefte wat bestaan vir ‘n afrigtingskliniek van hierdie aard. Dit is ‘n groot voorreg vir Paul Roos om so vroeg reeds kennis te maak met die entoesiastiese jongmanne wat met oorgawe aan al die aktiwiteite deelgeneem het”. – Stephan Jordaan, Hoof van Sport.
Doel van oefensessies
Die doel van hiérdie oefensessies is om o/10-, o/11- en o/12-spelers van regoor die Wes-Kaap die geleentheid te bied om hul vaardighede op te skerp. Covid-19 het ‘n reuse invloed op skolesport gehad. Die gevolg is dat die meerderheid spelers bykans twee jaar gelede rugby gespeel het. Deur die akademie het bykans tweehonderd-en-twintig spelers, van een-en-dertig verskillende laerskole oor die Wes-Kaap, weekliks die geleentheid gekry om rugby te oefen en hul vaardighede ten toon te stel.
Oefensessies word behartig deur PRG se rugbyafrigters onder leiding van Corné Uys. Hy is die nuut-aangestelde hoof van rugby, by Paul Roos Gimnasium.
Oefensessies 2022
Altesaam sewe sessies is sedert 22 Oktober aangebied. Die laaste sessie vind vandag, 3 Desember, plaas. PRG beplan dat oefensessies gedurende 2022 sal voortgaan. Dit bied spelers die geleentheid om hul vaardighede op te skerp, aktief te wees en om nuwe vriende te maak.
Enige speler is welkom om in 2022 aan te sluit. Die datums sal eersdaags op die skool se webblad en op sosiale media bekend gemaak word. Koste beloop R300 per kwartaal vir nuwe spelers wat in 2022 wil aansluit. Elke spelers sal ‘n T-hemp ontvang. Kostes vir spelers, wat reeds in 2021 deel van die akademie was, beloop R150 per speler. Sessies vind vanaf 15:30 – 16:45 op Vrydaemiddae op die velde van die Markötter Sportkompleks plaas.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: