Heart Health

Joshua Maas verteenwoordig HS Nelspruit by wêreldkampioenskappe

‘n Nellie-leerder en spiesgooier, Joshua Maas het tydens die Julie-vakansie aan die IAAF o/18 Wêreldkampioenskappe in Nairobi, Kenia deelgeneem.

Die kampioenskappe het vanaf 12-16 Julie plaasgevind en Joshua het in die o/18-kategorie deelgeneem.

Hy is tans die dubbele ASA o/18-kampioen asook die SA Skole Kampioen in spiesgooi seuns 17. Sy persoonlike beste van 73,66m (tydens SA Skole kampioenskappe in Durban vroeër die jaar) plaas hom tans in die 12de posisie op die IAAF Wêreldranglys vir o/18 seuns spiesgooi.

Joshua het 14de geëindig tydens die byeenkoms. Sy eerste poging was 75m, maar die rooi vlag is met sy tweede poging in die lug gesteek. Sy laaste gooi was 59m.

“Hoewel dit nie my beste was nie, was die ervaring onbeskryflik. Die kompetisie was taai, die stadion vol lewe en na afloop van die kampioenskappe was ek nog meer gemotiveer om harder te oefen,” sê Joshua.

Volgens Badenhorst is Joshua die tweede atleet van NHS wat die voorreg het om Suid-Afrika by ‘n wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Die vorige atleet is Frans Schutte wat ‘n brons medalje in gewigstoot seuns 17 by die IAAf Wêreld Jeugkampioenskappe in Bressanone Italië gewen het.

Become a Sponsor

Related Posts

Ekurhuleni Stoei-kampioenskappe – Leeuwenhof Akademie

Ekurhuleni Stoei-kampioenskappe. Leeuwenhof Akademie juig vir Devan van Tonder! Leeuwenhof Akademie in Bedfordview, Gauteng, is trots om Devan van Tonder geluk te wens met sy keuring tot die Ekurhuleni Stoeispan.…

Gauteng North Cricket – St Alban’s College

Gauteng North Cricket. 🏏Cricketing Star on the Rise: Tristan Naidoo Shines for Gauteng North Cricket. St Alban’s College is beaming with pride as Form 3 cricket player, Tristan Naidoo, takes…

Leave a Reply

You Missed

Ekurhuleni Stoei-kampioenskappe – Leeuwenhof Akademie

Ekurhuleni Stoei-kampioenskappe – Leeuwenhof Akademie

Gauteng North Cricket – St Alban’s College

Gauteng North Cricket – St Alban’s College

Dansende Kampioen-Dogters – Hoër Meisieskool Oranje

Dansende Kampioen-Dogters – Hoër Meisieskool Oranje

NFS Senior Rhino Hokkiespan – Hoërskool Goudveld

NFS Senior Rhino Hokkiespan – Hoërskool Goudveld

Xylia se hokkiehoogtepunte groei – Hoër Meisieskool Oranje

Xylia se hokkiehoogtepunte groei – Hoër Meisieskool Oranje

NFS Junior Rhino Hokkiespan – Hoërskool Goudveld

NFS Junior Rhino Hokkiespan – Hoërskool Goudveld