Heart Health

Joshua Maas verteenwoordig HS Nelspruit by wêreldkampioenskappe

‘n Nellie-leerder en spiesgooier, Joshua Maas het tydens die Julie-vakansie aan die IAAF o/18 Wêreldkampioenskappe in Nairobi, Kenia deelgeneem.

Die kampioenskappe het vanaf 12-16 Julie plaasgevind en Joshua het in die o/18-kategorie deelgeneem.

Hy is tans die dubbele ASA o/18-kampioen asook die SA Skole Kampioen in spiesgooi seuns 17. Sy persoonlike beste van 73,66m (tydens SA Skole kampioenskappe in Durban vroeër die jaar) plaas hom tans in die 12de posisie op die IAAF Wêreldranglys vir o/18 seuns spiesgooi.

Joshua het 14de geëindig tydens die byeenkoms. Sy eerste poging was 75m, maar die rooi vlag is met sy tweede poging in die lug gesteek. Sy laaste gooi was 59m.

“Hoewel dit nie my beste was nie, was die ervaring onbeskryflik. Die kompetisie was taai, die stadion vol lewe en na afloop van die kampioenskappe was ek nog meer gemotiveer om harder te oefen,” sê Joshua.

Volgens Badenhorst is Joshua die tweede atleet van NHS wat die voorreg het om Suid-Afrika by ‘n wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Die vorige atleet is Frans Schutte wat ‘n brons medalje in gewigstoot seuns 17 by die IAAf Wêreld Jeugkampioenskappe in Bressanone Italië gewen het.

Become a Sponsor

Related Posts

Interhuis Skaaktoernooi – Hoërskool Montana

Interhuis Skaaktoernooi – Hoërskool Montana het glans beleef by die jaarlikse Interhoër Skaaktoernooi. Hierdie Interhuis Skaaktoernooi het weereens bewys dat sportgees nie net op die veld leef nie. Dit kan…

Midmar Myl – Hoërskool Stellenberg trots op Luan Terblanche

Midmar Myl. Hoërskool Stellenberg vier ’n uitmuntende prestasie! Stellies is ongelooflik trots op Luan Terblanche wat onlangs aan die Midmar Myl deelgeneem het. Luan het sy plek in die Elite-resies…

Leave a Reply

You Missed

Interhuis Skaaktoernooi – Hoërskool Montana

Interhuis Skaaktoernooi – Hoërskool Montana

Midmar Myl – Hoërskool Stellenberg trots op Luan Terblanche

Midmar Myl – Hoërskool Stellenberg trots op Luan Terblanche

2026 Kearsney Easter Rugby – Zwartkop High School joins KERF

2026 Kearsney Easter Rugby – Zwartkop High School joins KERF

Voorseisoen-Toernooi – Hoërskool Duineveld

Voorseisoen-Toernooi – Hoërskool Duineveld

Summer Splash – St Mary’s School, Waverley superior results

Summer Splash – St Mary’s School, Waverley superior results

SA U19 Women’s Cricket – Durban Girls’ College delighted

SA U19 Women’s Cricket – Durban Girls’ College delighted