)

Jong Wetenskaplikes blink uit – Merensky Landbou Akademie

Jong Wetenskaplikes blink uit – Merensky Landbou Akademie se jong wetenskaplikes blink uit by Tritech-finale!

Die Plasie het geglinster! Op 19 en 20 September het Merensky Landbou Akademie die nasionale Tritech-kompetisie met flair en finesse aangebied. Hulle eie leerders het nie net deelgeneem nie, hulle het die verhoog behoorlik gesteel.

Maar wat is Tritech?

Tritech is ’n nasionale wetenskap- en tegnologiekompetisie. Jong navorsers word aangemoedig om innovasie en probleemoplossing te kombineer met praktiese navorsing. Leerders van regoor Suid-Afrika ontwikkel projekte wat nie net akademies sterk is nie, maar ook ’n werklike impak op gemeenskappe het. Die kompetisie dek ’n wye spektrum vakgebiede. Van gesondheidswetenskappe en biochemie tot ingenieurswese, landbou en omgewingswetenskappe. Hierdie kompetisie is oop vir Gr. 7 tot 12. Slegs die beste projekte word na die nasionale finale genooi. Merensky se 12 leerders met 10 projekte het nie teleurgestel nie.

Die volgende leerders het goud behaal vir hul projekte:

  • Liandri Terblanche (Gr. 8)Bio-Ensieme: Die Einde van Kieme | 1ste in Omgewings- en Sosiale Wetenskappe
  • Karina Swanepoel (Gr. 9)Dis ’n gogga partytjie, maar watter kleur is die uitnodiging? | 2de in dieselfde kategorie
  • Izelri Theron (Gr. 11)Diabetes Ontleed: Selle tot Simptome | 1ste in Gesondheidswetenskappe
  • Willem Mostert (Gr. 8)Hou jou besigheid goed ge-olie | 2de in Gesondheidswetenskappe
  • Lilian Fourie (Gr. 8)Soet Suur Bederf – Kies jou lekkers reg | 3de in Gesondheidswetenskappe
  • William Fouché & Jozh van der Westhuizen (Gr. 10)Responsible Trucking is Acceptable Trucking

Die volgende leerders behaal Silwer:

  • Miane van Veelen (Gr. 9)Fresh for Less | 2de in Lewenswetenskappe
  • Milan Ferreira & Maryna Jacobsz (Gr. 9)Swing-a-way
  • Melissa Malan (Gr. 10)Swamgroei se “Kryptonite”!

Bronsprestasies wat behaal is

Die leerder wat ‘n bronsprestasie behaal het is:

  • Mieke Erasmus (Gr. 8)Kies die regte strooitjie

Benewens die streng beoordeling, is die program verder aangevul met opwindende aktiwiteite. Die Universiteit van die Vrystaat se Biochemie-departement het ’n praktiese uitdaging aangebied waar leerders die patogeen agter ’n “Bio-hazard” moes identifiseer en elimineer. Die scenario het selfs ’n dramatiese polisie-”inhegtenisneming” van die skuldige professor ingesluit.

Saterdag het die wetenskaplike spanning plek gemaak vir fisieke pret, met aktiwiteite wat elke deelnemer “patogeen-vry” verklaar het. Dit was ’n energieke afsluiting vir ’n inspirerende naweek.

Wetenskap met ’n hart

Wat Merensky se projekte besonders maak, is hul impak op die gemeenskap. Van navorsing oor gesondheid tot praktiese oplossings vir plaaslike uitdagings. Hierdie jong navorsers bewys dat wetenskap nie net in laboratoriums leef nie, maar in die harte van mense.

En vir dié wat die aksie wil herleef: hou die TV-reeks Idee Makers dop, wat vanaf April 2026 op kykNET uitgesaai sal word.

Jong Wetenskaplikes blink uit - Merensky Landbou Akademie

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.plasies.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal