JKS Nasionale Karate kampioenskappe. Bethlehem Karate het die afgelope naweek van 26 en 27 Mei deelgeneem aan die JKS Nasionale Karate kampioenskappe in Johannesburg. Spanne sover as Kaapstad het aan die Karate kampioenskappe deelgeneem.
Die meer as 700 inskrywings het die kompetisie baie straf gemaak. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se atlete het weereens hulself oortref. Hulle het die dojo se naam hoog gehou met altesaam 63 medaljes! Altesaam 24 atlete van die klub is as nasionale kampioene gekroon.
Ruan van Zyl van BVHS behaal brons vir kata en silwer vir kumite in die ontwikkelings-afdeling, eie ouderdomsgroep.
Katleho Moloi behaal brons vir kata en brons vir kumite in die elite afdeling, eie ouderdomsgroep asook goud vir senior span kata en brons vir senior kumite.
Nathan Helm behaal goud vir kata en goud vir kumite in die elite afdeling, eie ouderdomsgroep asook goud vir span kata, goud vir koten kata en silwer vir senior kata.
JKS National Karate championships
Bethlehem Karate took part in the JKS National Karate Championships in Johannesburg this past weekend of 26 and 27 May.
Teams as far as Cape Town participated in the Karate Championships.
More than 700 entries made the competition very punitive. Bethlehem Voortrekker High School’s athletes once again outdid themselves. They also held the dojo’s name high with a total of 63 medals!
A total of 24 athletes from the club were crowned as national champions.
Ruan van Zyl of BVHS also achieved bronze for kata and silver for kumite in the development division, own age group.
Katleho Moloi achieved bronze for kata and bronze for kumite in the elite division, own age group as well as gold for senior team kata and bronze for senior kumite.
Nathan Helm scored gold for kata and gold for kumite in the elite division, own age group as well as gold for team kata, gold for koten kata and silver for senior kata.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto voorsien