Karate. Bethlehem Voortrekker HoĆ«rskool se karatekas van Bethlehem Karate Klub het die naweek van 22 en 23 Oktober aan die JKS Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Dit is die Japan Karate Shoto Federation van Suid Afrika se jaarlikse stylkampioenskappe en dit is altyd ‘n baie strawwe kompetisie.
Bethlehem Karate Klub het 2de onder die Top 10 dojos in die land geƫindig. Karatekas het in hulle ouderdom en beltgroepe deelgeneem in onderskeidelik die Ontwikkelingsafdeling of Elite-afdeling.
BVHS se karatekas Nathan Helm, Liam Craven en Katleho Moloi het almal in die Elite Afdeling deelgeneem. Hulle het ook in die Span Kata deelgeneem waar hulle ‘n goue medalje verwerf het.
Hierdie drie manne het die volgende toekennings ontvang:
Nathan Helm (Kata Goud, Kumite Brons), Liam Craven (Kata Brons, Kumite Silver) en Katleho Moloi (Kumite Goud).
Trekkertrots!
Lees meer oor BHVS: