U word hartlik uitgenooi na die Java Interschool Challenge in vennootskap met Spur.
Dit is ān heerlike buite-avontuur wat Van Loveren aanbied waarby HoĆ«rskool Robertson betrokke is. Daar word hierdie jaar ān interskole kompetisie gehou onder skole.
Die toernooi sal bestaan uit ‘n 10km-hardloopuitdaging en 20km MTB-resies. Daar sal ‘n laerskool -en hoĆ«rskool kategorie wees vir beide items asook podiumpryse vir die top drie junior en senior seuns en dogters.
Ons wil graag versoek dat u die inskrywings dryf en motiveer onder u leerders. U skool kan groot baat vind by die finansiƫle pryse wat geborg word deur Spur.
Dit sal vir ons ‘n voorreg wees indien u skool ook betrokke raak by hierdie dag. Aangeheg is al die nodige inligting. Indien u wil registreer as ān deelnemende skool vir die geleentheid, kontak my gerus.
Kom ons kyk hoeveel skole en leerders ons by hierdie dag kan betrek. Ons het die oog daarop om ‘n nuwe rekord op te stel.