Saskia Wait van Hoërskool DF Malan in Port Elizabeth, is gekroon as SA Skole Kampioen!!
Saskia het 21-23 Maart die Oostelike Provinsie by die Suid Afrikaanse Hoërskole Kampioenskappe in Port Elizabeth verteenwoordig.
Sy wen die 100m finaal en word gekroon as die nuwe Skole SA Kampioen – vroue 0/19 100m.
Saskia verwerf ‘n silwer medalje in die 200m finaal – vroue 0/19 met ‘n nuwe persoonlike beste tyd van 24.86s.
Op 28 tot 30 Maart het Saskia die Oostelike Provinsie verteenwoordig in die Paarl by die Suid Afrikaanse Atletiek Kampioenskappe, Junior 0/20 afdeling.
Sy behaal ‘n 9de plek in die 100m en ‘n 7de plek in die 200m.
Dit was haar droom die afgelope 5 jaar om ‘n medalje te verwerf by die SA Skole, en dit is vir haar ‘n hoogtepunt om haar Skole-atletiek loopbaan so te kon afsluit.
Baie geluk Saskia.
DF is trots op jou!