Schools That Rock berig oor Hoërskool Jan van Riebeeck se Wiskunde-boffins
Baie geluk aan Peet Karsten van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad met sy puik prestasie! Hy het die 10de plek in die Wes-Kaap behaal tydens die tweede rondte van die UK-Wiskundekompetisie.
Gerard Snijders en Johann Jordaan, ook van Jan van Riebeeck, het ook provinsiaal ‘n gesamentlike 9de plek in die spanafdeling van dié kompetisie behaal.
Jan van Riebeeck is baie trots op julle!
Foto’s verskaf
Meer oor Hoërskool Jan van Riebeeck:
Addisionele akademiese aktiwiteite: Leerders word aan verskeie akademiese aktiwiteite blootgestel en kry daagliks die geleentheid om hulself te verbeter, te verreik en om wyer as die voorgeskrewe akademiese kurrikulum gestimuleer te word. Van die aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem is ekspo’s, eisteddfods en olimpiades in verskeie vakke. Onderwysers en leerders help ook na-ure met intervensies en tutorklasse.
Tutorklasse – Leerders wat hulp nodig het met vakverwante probleme, kan die voglende MR-lede kontak vir tutor-klasse:
Werner Voges: 083 459 4630 of e-pos by werner.voges@janvanriebeeck.org
Anna van Rooyen: 082 061 9159 of e-pos by anna.vanrooyen@janvanriebeeck.org
Cambridge A-Levels – Hoërskool Jan van Riebeeck is geakkrediteer as ‘n Cambridge International School, wat beteken dat ons leerders die Cambridge A level-eksamens kan aflê. Ons bied Wiskunde, Biologie, Fisika en Engels as ‘n buitekurrikulêre aktiwiteit aan vir leerders wat daarvoor kwalifiseer. Leerders begin in Junie van hulle graad 10-jaar met die AS-sillabus en voltooi hul A2-eksamen in Mei van hulle graad 12-jaar.
Die eerste groep van 8 leerders het in Junie 2018 hul AS-eksamens in Wiskunde afgelê. Die Cambridge-kwalifikasie word deur die meeste internasionale universiteite erken, sowel as deur ons plaaslike universiteite.
Benewens die vakkundige vaardighede wat leerders deur hierdie kwalifikasie opdoen, ontwikkel hulle ook ander belangrike lewensvaardighede soos selfdissipline, tydsbestuur en “self-directed learning”. Hulle verlaat die skool aan die einde van hulle matriekjaar, goed voorbereid vir ‘n lewe van studie aan enige tersiêre inrigting!
Vir verdere inligting, besoek gerus Cambridge International se webwerf by http://www.cambridgeinternational.org of kontak me Lizette Visser by lizette.visser@janvanriebeeck.co.za