Die SA Jukskei spanne het vanaf 3-6 Mei 2016 in Windhoek aan die Namibië Jukskei 75jaar vieringe deelgeneem.
SA O’19 seuns – Jan Schoonraad van Afrikaanse Hoërskool was in hierdie span ingesluit. Die span wen die B afdeling tydens die toernooi. Hulle wen al 15 hul wedstryde en staan geen skofte af nie. Die span wen ook die tweede toetswedstryd teen Namibië met 10½ – 4½. Met sy insluiting in die SA O’19 seuns span, verower Jan vol Protea kleure.
Become a Sponsor