)

Jaarlikse Derby – Hoërskool Witteberg teen BVHS

Jaarlikse Derby. Een dorp, twee skole – goeie gees! Dit is dié geleentheid op Bethlehem se skolesportkalender. Dit was weer tyd was weer tyd vir die jaarlikse Derby in Bethlehem. Dit is wanneer Hoërskool Witteberg en Bethlehem Voortrekker Hoërskool mekaar op die rugby-, hokkieveld, en netbalbaan die stryd aansê.

Saterdag 31 Mei het die gasheerskool, Hoërskool Witteberg, se eerste rugbyspan vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wenners uit die stryd getree. Dit was ‘n naelbytoorwinning van 34-33.

Voor die groot dag was mnr. Hannes Oosthuizen, skoolhoof van Witteberg, se woorde:

“Wat ‘n voorreg is dit nie om hierdie spesiale dag met die Bethlehem-gemeenskap te kan deel nie.

“Die dag is gewoonlik vol opwinding en genot. Aan die een kant is dit ook senutergend en spesiaal. Dit laat jou huil en laat jou lag. Dit duur ook vir ewig en is soms in ’n oogwink verby. Hierdie dag is ‘n dag wat jou toets en jou soms troef. Maar ook ’n dag vol trots. Dit is aan die ander kant ook net ’n gewone dag met ongelooflike geskiedenis en genade.

Alles in ons dorp

“Ons vertrou ook dat elke ondersteuner op die dag net weer die mooi en besondere van ons gemeenskap sal beleef. Dat ons te midde van alles in ons dorp, weer kan trots wees op wie ons is wat ons kan vermag. Dat ons vriende is en mekaar kan ondersteun ongeag die uitslae van die lewe. Ons skole sou nooit die bakens van hoop kon wees as ons nie die ondersteuning van die gemeenskap gehad het nie. Dié naweek se vertoonvenster is dus ’n bitter mooi prent te danke aan julle besteding in ons.

“Mag elkeen wat die dag bywoon, saam juig en ontspan. Mag jul wonderlike sportmangees beleef en sien hoe elke skool se leerders met trots aantree vir elke stryd. Dankie aan elke afrigter, beampte, skeidsregter, noodhelper en speler wat die dag moontlik maak. Elkeen het ’n enorme aandeel aan dit wat ons dorp se derby so uniek maak.

“En wanneer die son sak na die laaste verrigtinge, mag ons mekaar omarm in die wete dat alles net ‘n geskenk van Bo is.”

En nou, met die afwagting, opwinding en harde werk agter die rug, kan Bethlehem terugkyk op nog ‘n suksesvolle Derby en met dankbaarheid mnr. Hannes se woorde beaam . . .

Seuns-hokkie

  • Vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar is Hoërskool Witteberg se 1ste Seunshokkiespan ook as Derbywenners gekroon! Na ‘n naelbyt “8 seconds” is hierdie die oomblik toe die wen gevier was!

UItslae:

Hokkie:

  • O.14A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 5 – BVHS 0
  • O.16A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 3 – BVHS 0
  • O.19B Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 5 – BVHS 0
  • O.19A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 2 – BVHS 2
  • O.14B Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 0 – BVHS 2
  • O.14A Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 1 – BVHS 0
  • O.16A Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 1 – BVHS 1
  • O.16B Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 2- BVHS 0
  • O.19B Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 1 – BVHS 5
  • O.19C Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 1 – BVHS 5
  • O.19A Witteberg dogters teen BVHS – Witteberg 3 – BVHS 3

Rugby:

  • O.14A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 3 – BVHS 55
  • O.14B Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 0 – BVHS 26
  • O.15A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 16 – BVHS 22
  • O.15B Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 24 – BVHS 22
  • O.16A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 18 – BVHS 14
  • O.16B Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 0 – BVHS 60
  • O.19B Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 17 – BVHS 32
  • O.19C Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 21 – BVHS 19
  • O.19A Witteberg seuns teen BVHS – Witteberg 34 – BVHS 33

Netbal:

  • O.14A Witteberg teen BVHS – Witteberg 20 – BVHS 8
  • O.14B Witteberg teen BVHS – Witteberg 23 – BVHS 8
  • O.14C Witteberg teen BVHS – Witteberg 13 – BVHS 9
  • O.14D Witteberg teen BVHS – Witteberg 6 – BVHS 4
  • O.15A Witteberg teen BVHS – Witteberg 18 – BVHS 20
  • O.15B Witteberg teen BVHS – Witteberg 29 – BVHS 13
  • O.15C Witteberg teen BVHS – Witteberg 12 – BVHS 9
  • O.16A Witteberg teen BVHS – Witteberg 22 – BVHS 29
  • O.16B Witteberg teen BVHS – Witteberg 16 – BVHS 17
  • O.19A Witteberg teen BVHS – Witteberg 36 – BVHS 51
  • O.19B Witteberg teen BVHS – Witteberg 17 – BVHS 24
  • O.19C Witteberg teen BVHS – Witteberg 22 – BVHS 17
  • O.19D Witteberg teen BVHS – Witteberg 22 – BVHS 6

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal