)

ITF J30 Tennistoernooi – Hoërskool Jim Fouché

ITF J30 Tennistoernooi. Hoërskool Jim Fouché leerder, Luise Janse van Rensburg, het vanaf 1 April tot 6 April in Gaborone, Botswana, aan die ITF J30 Tennistoernooi deelgeneem.

Die Internasionale Tennis federasie (ITF) bied toernooie aan wat spelers die kans gee om teen ander juniors, seuns en meisies o/18, mee te ding. Daarvolgens kan hulle punte op ‘n internasionale ranglys verdien. Luise, ‘n matriekleerder van JF, het deelgeneem aan die toernooi.

Sy het in haar eerste rondte teen Lucie Koutova van die Tsjeggiese Republiek gespeel en in skoon stelle gewen. In haar tweede rondte het sy te staan gekom teen Chanelle Zhuwakini, van Zimbabwe. Luise wen hierdie wedstryd ook in skoon stelle.

In die kwarteindrondte het sy teen Iriela Rajaobelina van Madagaskar, wat ook haar dubbelsmaat was, gespeel. Iriela speel voltyds tennis en dit was ‘n baie harde wedstryd. Die eerste stel was baie gelyk en Luise wen dié stel in die valbylpot. Die tweede stel het makliker gegaan en Luise wen in skoon stelle.

Morgan Jordaan

In die semi-finaal was teen die eerste gekeurde Morgan Jordaan, ‘n linkshandige speler van Pretoria en ‘n baie gedugte opponent. Morgan is tans ‘n top 300 speler op die ITF ranglys. Luise wen die wedstryd ook in skoon stelle.

In die finaal speel Luise teen die 2de gekeurde Celina Joseph van die Wes-Kaap. Celina het Luise in vorige ITF toernooie gewen and was al so hoog soos 380 op die wêreld ITF ranglys. Dit was ‘n naelbyt wedstryd, maar Luise wen die wedstryd weer in skoon stelle.

Dit is Luise se eerste ITF- titel nadat sy al vantevore na ‘n finaal deurgedring, maar verloor het.

Luise en Iriela verloor egter in die dubbels finaal. Maar het drie goeie wedstryde gehad oppad na die finaal. Luise se hoogtepunte van die laaste ses maande was oorwinnings oor drie van die 4 meisies wat bo haar op Suid Afikaanse ranglys is. Sy behaal ook die meisies o/18 Meesters-finaal in Kaapstad.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://jf.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal