Die naweek van 15 Augustus 2020 sou Hoërskool Punt hul jaarlikse interskole teen Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn hou. As gevolg van die inperkings kon dit egter nie gebeur.
Me. Anmarie van Staden in samewerking met die prefekte en dirigente het egter die bul by die horings gepak en gesorg dat almal weet PUNT HET GEES!!!!!
Hulle het ‘n “drive-by” vir Vrydagmiddag na skool gereël waartydens die publiek om die skool gery en toeter geblaas het!!! Dit het groot reaksie uitgelok en Mosselbaai het ter ondersteuning, “hul toeters kom blaas”.
Baie dankie vir almal se ondersteuning!!!