Interprovinsiale Skaaktoernooi. Drie skaakspelers van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, Christiaan Els, Alex Struwig en Dewald Ebersöhn, het gedurende die naweek van 23 tot 25 Mei aan die Interprovinsiale Skaaktoernooi in Kimberley deelgeneem.
In die Warriors-afdeling het Dewald algeheel derde geëindig en die Mangaung Metro-span het ook derde in die o.18 spankompetisie geëindig.
In die Elite o.18 afdeling het Christiaan Els vier uit vyf wedstryde gewen en is hy is ook deel van die Mangaung-span wat tweede geëindig het.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








