Interprovinsiale Sewes rugbytoernooi. Drie van Hoërskool Hermanus se rugbyseuns is opgeneem in die o.17 Boland 7’s Span. Hierdie span gaan aan die Interprovinsiale Sewes-toernooi in September deelneem.
Die toernooi vind vanaf 27 tot 28 September by Hoërskool Voortrekker in Bethlehem plaas.
Die drie manne is Joshua Arnoldus, Giano Da Kosta en Liam Prodehl.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








