International Marimba & Steelpan Festival. Die Education Africa International Marimba & Steelpan Festival het op 27 en 28 Julie by St Dominic’s Catholic School for Girls in Gauteng plaasgevind. Negentig groepe van regoor die wêreld het by die International Marimba & Steelpan Festival deelgeneem.
Die Grey Knights het uitstekend presteer. Hulle het ‘n eerste plek in die Battle of the Bands kategorie en ‘n tweede plek in die In the Mix kategorie behaal.
Daarbenewens het die Knights op 1 Augustus ‘n A++ met ‘n allemintige 98% by die Eisteddfod behaal!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/









