International Fine Arts Association. Danielle Snyman, leerder van Hoërskool Rustenburg, het puik prestasies by die International Fine Arts Association (IFAA) se VIP Gala Uitnodiging Kompetisie behaal.
Danielle het teen die beste van die beste in Suid-Afrika meegeding en uitgestyg as:
- Algehele wenner van die Ouderdomsgroep 11-14 jaar in alle dansstyle.
- Algehele wenner in die Akro Dansstyl, alle ouderdomme.
- Vierde plek in die Diamond Team Top 5 (95% en hoër).
Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor