Internasionale Hengeltoernooi – Hoërskool Hoopstad se gange bruis van trots en opgewondenheid. En met goeie rede, want Louhan van Wyk is gekies om Suid-Afrika in hengel te gaan verteenwoordig.
Louhan van Wyk gaan Suid-Afrika verteenwoordig tydens die 2026 Internasionale Hengeltoernooi in Namibië.
Sy toewyding, geduld en passie vir hengel het hom tot hier gebring. Nou wag daar ’n wêreldverhoog waar hy sy talent kan wys. Dit is nie net ’n persoonlike oorwinning nie, maar ook ’n groot eer vir Hoërskool Hoopstad en die hele gemeenskap.
“Hoopies is baie trots op jou, Louhan!” klink dit uit die harte van sy skool en mede-Hoopies. Jou prestasie wys dat harde werk en liefde vir jou sport werklik vrugte afwerp.
Met jou visstok in die hand en jou skool agter jou, weet hulle jy gaan Namibië se waters met styl en trots aanpak.
Sterkte, Louhan, jy dra Hoopstad se naam hoog!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








