Interdistrikte Netbaltoernooi Riversdal. Hoërskool Punt is trots om aan te kondig dat ’n groep uitmuntende netbalspelers Eden gaan verteenwoordig tydens die interdistrikte netbaltoernooi wat van 17 tot 19 Julie 2025 in Riversdal plaasvind. Julle harde werk en toewyding het julle tot hier gebring, en ons weet julle gaan ons trots maak op die baan!
Spanlede per ouderdomsgroep:
- O/18: 🔹 Zarah Herselman – Onderkaptein 🔹 Liane Pretorius
- O/17: 🔹 Mieke Botha 🔹 Megan Enslin
- O/16: 🔹 Tonique Lukas – Onderkaptein 🔹 Nikayla Bezuidenhout
- O/15: 🔹 Mieke van Dorp
- O/14: 🔹 Elri van Wyk
“Sterkte aan al die Punt-dogters — gee alles en geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid. Ons staan agter julle!”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








