Inter Africa Tennis. Hoërskool Fichardtpark se eerste seuns- en dogterstennisspanne het vanaf 7 tot 9 September aan die Inter-Africa tennis toernooi in Bethlehem deelgeneem. Hier is ’n oorsig van die prestasies van die dogters- en seunsspanne:
Die dogterspan eindig eerste in hulle groep met oorwinnings oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool 2, Hoërskool Sannieshof asook Helpmekaar Kollege. Hulle speel daarna in die semi-finaal teen Hoërskool Linden van Johannesburg. Ongelukkig verloor hulle naelskraaps. Vir die uitspeel om die derde en vierde posisie het Fichies teen Hoërskool Randburg ook net-net vasgeval. Hulle eindig dus vierde uit sestien spanne.
Die seunsspan het ook eerste in hul groep geëindig met oorwinnings oor Hoërskool Hopetown, St. Patricks College en Helpmekaar Kollege. In die semi-finaal het hulle teen Burgersdorp verloor. Hulle wen toe teen Helpmekaar in die uitspeel om derde en vierde plek. Fichies eindig dus derde uit sestien spanne en verower bronsmedaljes.
Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








