INK Skryf in Afrikaans. 🎉 Uitstekende Prestasie vir Hoërskool Fichardtpark leerder.
Hoërskool Fichardtpark is besonder trots op Rouxlé Kilian, wat vroeër vanjaar haar kreatiwiteit ten toon gestel het deur deel te neem aan die INK Skryf in Afrikaans-skryfkompetisie.
Rouxlé het vyf indrukwekkende gedigte ingeskryf wat deur ’n paneel van gerekende beoordelaars — insluitend Karen Zoid, Jackie Nachtegaal, en ander — as publikasiewaardig beskou is. Elke gedig is gekies om deel te vorm van die Inspraak 6-digbundel, wat teen die einde van die jaar vrygestel gaan word.
Hierdie erkenning is ’n bewys van Rouxlé se talent, toewyding en haar liefde vir die Afrikaanse taal. Asof dit nog nie genoeg was nie, is sy ook uitgenooi na die eksklusiewe INK-gala-aand wat op 15 November 2025 in Pretoria plaasvind. Tydens hierdie glansaand sal die gedigbloemlesing plaasvind, wenners aangekondig word, en verskeie gesogte pryse oorhandig word.
💫 Fichies wens Rouxlé alle sukses toe vir die gala-aand en sien uit daarna om haar naam in die digbundel te sien pryk!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/










