‘Indoor’ Hokkie. Hoërskool Ermelo is baie trots op Deidre en Kayla van der Meyden, graad 11-leerders van EHS, wat gekies is vir die o/18 Mpumalanga (Indoor/binnenshuise) Hokkie A-span (Black Mambas).
Die proewe het te Witbank Hockey Farm plaasgevind oor die verloop van die afgelope maand.
Die PSI-toernooi vind plaas vanaf 19 tot 22 Desember in Johannesburg. Hier sal Mpumalanga te staan kom teen ander provinsies van onder andere Gauteng, Vrystaat, Limpopo en Noord-Wes.
Baie geluk aan die dogters en sterkte met die toernooi wat voorlê.
Geniet elke oomblik.