Festival of Engineering. Mia Delport, ’n gr. 8-leerder van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, se projek het ‘n goue medalje op die International Festival of Engineering in Tunisië gewen. Daar was meer as 1 000 deelnemers uit 40 lande en 450 projekte betrokke.
Mia se projek is getiteld “Door mechanism to ensure good hygiene through sanitising in bathrooms”. Sy het ‘n deurmeganisme ontwikkel waar die slot gekoppel is aan ’n saniteerder sodat skoolkinders gedwing word om ná toiletgebruik hulle hande te saniteer. Die sisteem word met ‘n trapaksie geaktiveer sodat jy nêrens met jou hande aan iets moet raak nie.
Baie geluk, Mia.
Lees meer oor Oranje: