HSP se Verbuikerstudie studente was weereens bevoorreg om ‘n besoek van IHT Hotel School te kry. Me. Annemarie Fick, dosent by die Hotelskool, het voornemende gr. 11- en 12-studente kom toespreek. Sy het ook, tot groot vermaak van die studente, aan hulle demonstreer hoe om ‘n “MOCKTAIL” te maak.

Hierdie gesogte instansie bied ‘n wye spektrum professionele kursusse in die gasvryheid- en toerismebedryf aan. Keuring is streng en slegs ‘n klein groepie eerstejaars word jaarliks gekeur.

Punt is trots om te kan se dat ons Verbruikerstudie studente uitstekend vaar by IHT. Baie sterkte aan Moniqe en Machel, ons weet dat julle ons naam hoog sal hou!

Become a Sponsor