HSDA Rugby. Die Jong Arende het suksesvol gesweef deur die 2023 rugby seisoen. Hoërskool De Aar se 0.15 A- rugbyspan het nuwe hoogtes bereik in die 2023 rugby seisoen. Die span het HSDA Rugby by verskeie toernooie met eer verteenwoordig.
In Maart vanjaar is hierdie span gekroon as die eerste 0.15 – “Grow”-rugby toernooi wenners. Daarna het hulle ook die Griekwaland-Wes mediumskole-beker teen Hartswater gewen.
Hierdie sege dring die 0.15’s deur tot die Kovsie-liga semifinale teen St. Andrews van Bloemfontein. Hier wys die HSDA rugby span weer hul staal en wen 29-12.
Hul harde werk word verder beloon in die Kovsie-finale teen Suid-Vrystaat se landbou-reus, Bultfontein. Ook hier bewys hulle hul besonderse talente en konsentrasie. Met ʼn telling van 14 – 7 word hulle as die beste 0.15-rugbyspan op die mediumskole vlak, in die sentrale Kovsie liga (Griekwas, Vrystaat en Griffons) aangewys!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf