Con Spirito Debatskompetisie. Vier van Hoërskool Ermelo se debatspanne het op Saterdag, 5 Augustus, aan die provinsiale uitdunne van die Con Spirito Debatskompetisie te Hoërskool Middelburg deelgeneem. Een juniorspan en drie seniorspanne van EHS het aan die kompetisie deelgeneem
Die Erries het hul man gestaan en puik presteer. Een juniorspan, An-Euné van Niekerk en Karli van Schalkwyk, asook een seniorspan, Johan Strauss en Isabella Burgers, dring deur na die semifinaal wat op 27 en 28 September by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf