• About Us
  • Advertise
  • Contact Us
Wed, Jul 6, 2022
16 °c
Cape Town
15 ° Fri
17 ° Sat
15 ° Sun
13 ° Mon
Schools That Rock
No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
No Result
View All Result
Schools that Rock
No Result
View All Result
ADVERTISEMENT
Home Other Provinces Northern Cape

HSDA MATRIEKS SKITTER WEER!

schoolsthatrock by schoolsthatrock
Jun 23, 2020
in Northern Cape, Northern Cape Schools, Northern Cape Sports
0
0
0
SHARES
104
VIEWS
Share on FacebookShare on TwitterShare on Whatsapp

Talle matrikulante het van verligting gesug nadat die senutergende gewag vir die klas van 2019 verby is. Die matriekuitslae is op Woensdag 8 Januarie 2020 landswyd bekendgemaak.

Hoërskool De Aar is baie trots op die matriekklas van 2019 se uitslae. Die NSS–eksamen het groot uitdagings aan hierdie klas gestel, wat hul oorkom het. Die matriekklas het ʼn 98.7% slaagsyfer behaal terwyl 73% van die 77 leerders vir verdere graadstudies kwalifiseer. Vier leerders Daniël du Toit, Enchanté du Preez, Bernard Venter en Surina le Roux het puik presteer en spog met ʼn gemiddelde A-simbool.

READ ALSO

Griquas Valkeweek Rugby – Sluit af met oorwinning teen Noord-KZN

Gedagte vir die week/ Thought for the week

Daniël du Toit en Enchanté du Preez het spesiale erkenning tydens die Onderwysdepartement se Prysuitdelingsfunksie in Kimberley ontvang. Daniël het die 12de plek in die Noord-Kaap behaal. Beide Daniël en Enchanté het elk ʼn bedrag van R10 000, ʼn skootrekenaar en ʼn tablet ontvang.

ADVERTISEMENT

Vyf leerders Vuyokazi Mdebuka, Mouritz Erasmus, Thandokazi Ntozini, Mari Pretorius en Courtney Campbell het ʼn gemiddelde B-simbool behaal.

HSDA se hoofseun, Daniël du Toit, het uitmuntend presteer met sewe vak A’s en ʼn gemiddeld van 88%. Hy is die seun van Pieter en Elmarie du Toit. Daniël presteer nie net op akademiese gebied nie, maar is ook ʼn Protea-skut.  Daniël het tydens HSDA se Toekenningsgeleentheid die toekenning vir die seun wat die hoogste punt in graad 12 verwerf asook ʼn goue sertifikaat ontvang. Daniël beplan om vanjaar BSc Mikrobiologie en Chemie aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Sy sleutel tot sukses en boodskap vir mede-leerders is: “Deur selfdissipline, deursettingsvermoë en dit vir jouself te doen, kan jy enige iets bereik.”

HSDA se hoofmeisie, Enchanté du Preez, behaal 7 vak A’s en ʼn gemiddeld van 86%. Sy is die dogter van Rudi en Jennifer du Preez. Enchanté het tydens HSDA se Toekenningsgeleentheid die toekenning vir die dogter wat die hoogste punt in graad 12 verwerf asook ʼn goue sertifikaat ontvang. Sy het Noord-Kaap verteenwoordig in Netbal. Enchanté beplan om Aptekerswese aan die Universiteit van Potchefstroom te studeer. Haar sleutel tot sukses en boodskap vir mede-leerders is: “My persoonlike akademiese prestasie is eerstens te danke aan die Onse Vader vir wie niks onmoontlik is nie. Tweedens, moet jy in jouself glo. Stel aan jouself doelwitte en bly daarop gefokus. Derdens, neem aan so veel as moontlik akademiese-, sport- en kultuurgeleenthede deel. Ek het geleer dat goeie blootstelling en ondervinding aan jou die geleentheid bied om jou te meet en dan harder te werk sodat jy beter in die toekoms kan doen. Aan alle leerders van ons skool werk hard en wees gedissiplineerd. Stel aan die begin van die jaar vir jouself doelwitte en moet nie moeg raak nie. Maak gebruik van elke geleentheid wat jou aangebied word. Wees betrokke, neem deel en wees ‘n rolmodel vir ander. Vra raad en omring jou met positiewe vriende. Aan die matriekklas van 2020. Onthou dit is julle laaste jaar om julself te bewys. Bly gefokus en leef georganiseerd. Wees bereid om baie opofferings te maak. Leer jouself om daagliks tyd aan jou studies te bestee. Pak elke uitdaging positief aan en glo in jou eie vermoë.
Aan almal, baie sterkte met die jaar wat voor lê.”

Bernard Venter behaal 5 vak A’s en ʼn gemiddeld van 83%. Hy is die seun van De Waal en Anrié Venter.  Hy ontvang ook tydens HSDA se Toekenningsgeleentheid ʼn goue sertifikaat. Hy was ook onderkaptein van die Cravenweek Akademie rugbyspan. Hy het Griqualand-Wes Rugby vir die Akademie-span gespeel. Bernard gaan Meganiese Ingenieurswese aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie van die Vrystaat studeer. Sy sleutel tot sukses en boodskap vir mede-leerders is: “Wat my gehelp het, was om deur die jaar op te let en op datum te bly. As jy agter raak, sukkel jy baie om in te haal. Jy moet die selfdissipline hê om te leer, maar steeds ‘n gebalanseerde lewe te handhaaf.”

Surina le Roux behaal ook 5 vak A’s en ʼn gemiddeld van 82%. Sy is die dogter van Phillip en Ilze le Roux.  Surina was 2019 se Dux-leerling en het ook tydens HSDA se Toekenningsgeleentheid ʼn goue sertifikaat ontvang. Sy het in die verlede Noord-kaap verteenwoordig in Tennis en Hokkie. Surina beplan om Arbeidsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Haar sleutel tot sukses en boodskap vir mede-leerders is:  “Luister in die klas en neem deel aan die klasgesprekke, want dit gaan jou dwing om by te bly met wat die onderwysers vir jou leer. Hanteer elke toets soos ‘n eksamen en die eindeksamen sal ‘n “breeze” wees. Maak seker al jou werk is op datum sodat jy genoeg tyd het om vorige vraestelle uit te werk gedurende jou bloktydperk. Maak seker jy doen sport of gaan draf gereeld,  anders gaan jou brein se ratte nie lekker werk nie.”

Benewens die feit dat HSDA toegerus is met ʼn span professionele en hardwerkende onderwysers, is die eindresultate nie net geskoei op harde werk in graad 12 nie, maar ook danksy die onderskeie laerskole wat die grondslag lê.  Die liefde, ondersteuning en aanmoediging van elke ouer kan ook nie agterweë gelaat word nie.

HSDA beskik oor genoegsame en uitstekende fasiliteite vir akademiese onderrig sowel as vir die beoefening van buitemuurse aktiwiteite.  Dit is beslis ʼn skool waar kinders hulle volle potensiaal kan verwesenlik!


Enchanté du Preez: (links) 7 Vak A’s , gemiddeld 86%, Enchanté du Preez het spesiale erkenning tydens die Onderwysdepartement se Prysuitdelingsfunksie in Kimberley ontvang asook R10 000, ʼn skootrekenaar en ʼn tablet.

Surina le Roux (middel) 5 Vak A’s gemiddeld 82%.

Bernard Venter (regs) 5 Vak A’s gemiddeld 83%

 

 

 

Tags: AcademicsHoërskool De AarSchools

Related Posts

Griquas Valkeweek Rugby - Sluit as met oorwinning teen Noord-KZN
Latest News

Griquas Valkeweek Rugby – Sluit af met oorwinning teen Noord-KZN

Jul 4, 2022
Gedagte vir die week/ Thought for the week
Eastern Cape

Gedagte vir die week/ Thought for the week

Jul 4, 2022
Griquas O/16 XV - Johan Louw van Uppies Speler van die wedstryd
Latest News

Griquas O/16 XV – Johan Louw van Uppies Speler van die wedstryd

Jul 1, 2022
Leer kinders oor geldsake - Hoe leer ek my kind van geld?
Eastern Cape

Leer kinders oor geldsake – Hoe leer ek my kind van geld?

Jun 28, 2022
NK Tennis Mini - Hoërskool Upington leerders presteer
Latest News

NK Tennis Mini – Hoërskool Upington leerders presteer

Jun 27, 2022
Gedagte vir die week/ Thought for the week
Eastern Cape

Gedagte vir die week/ Thought for the week

Jun 27, 2022
Next Post

Camps Bay Pupil part of winning Western Cape Basketball Team

Please login to join discussion

POPULAR NEWS

Northern Cape High School learners rewarded

Northern Cape High School learners rewarded

May 31, 2021
Happy Mothersday

What is a Mother?

May 14, 2017
PAUL ROOS RESULTS

Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch – krieketuitslae

Jan 30, 2018
HOOFSEUNENHOOFDOGTER

Hoofseun en -Dogter Laerskool Mooirivier

Oct 11, 2017

Carmin Coetzer, oud-Uppie, vertoon nuwe kort film

Jul 26, 2016

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!



ADVERTISEMENT

EDITOR'S PICK

Luiperds Platteland Rugby - Hoërskool Vryburg leerders in O.19 span

Luiperds Platteland Rugby – Hoërskool Vryburg leerders in O.19 span

Jul 5, 2022
Miss Teen World 2022 - Yulienke Jacobs skitter met tweede plek

Miss Teen World 2022 – Yulienke Jacobs Miss Teen International SA

Jul 5, 2022
Curro Waterfall - First ever matric dance held

Curro Waterfall – First ever matric dance held

Jul 5, 2022
Vrystaat Fietsryspan - Truida Kestell neem deel aan SA Champs XCO

Vrystaat Fietsryspan – Truida Kestell neem deel aan SA Champs XCO

Jul 5, 2022

Follow us

About

Schools That Rock is a young company, we are looking forward to a very bright future in serving the schools and learners of South Africa.

Quick Links

  • About Us
  • Advertise
  • Contact Us

Recent Posts

  • Luiperds Platteland Rugby – Hoërskool Vryburg leerders in O.19 span
  • Miss Teen World 2022 – Yulienke Jacobs Miss Teen International SA
  • Curro Waterfall – First ever matric dance held
  • Vrystaat Fietsryspan – Truida Kestell neem deel aan SA Champs XCO
  • SA O.18A Hokkiespan – Hoër Meisieskool Oranje spelers in span

Newsletter

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!



  • Advertise
  • Contact Us
  • Terms & Conditions
  • Privacy Policy

© 2022 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us

© 2022 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

Welcome Back!

OR

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
This website uses cookies. By continuing to use this website you are giving consent to cookies being used. Visit our Privacy and Cookie Policy.