)

HS Strand se Gr. 11 LW-leerders besoek Two Oceans Akwarium en Kaapstad Museum

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.105″ background_layout=”light”]

Die skoolkwartaal het skaars begin toe 86 graad 11 leerders saam met drie onderwysers vir ‘n dagbesoek vertrek het om die “Two Oceans Aquarium” in die Waterfront en die Kaapstad Museum te besoek.

HS Strand se Gr. 11 LW-leerders besoek Two Oceans Akwarium en Kaapstad MuseumDie leerders het reeds 7:45 na die akwarium vertrek waar hulle in twee groepe ingedeel is. Die een groep het solank die akwarium gaan verken terwyl die ander groep ‘n les in ‘n klas gekry het waar hulle aan seediere soos seesterre kon vat, terwyl ander gediertes in tenks om hulle geswem het. Na ‘n uur se verken, het die twee groepe omgeruil.

In die akwarium was daar allerhande interessante diere wat die leerders kon besigtig: ‘n hele kamer vol jellievisse, verskeie tenks met haaie in en ‘n tonnel waardeur jy kan stap terwyl haaie en pylsterte bo-oor jou kop swem.

Ná hierdie opvoedkundige uitstappie, het die graad elfs haastig vertrek om betyds by die Kaapstad Museum uit te kom.

By die Museum aangekom, is hulle na ‘n groot vertrek gelei waar daar ses tafels reggestaan het met skedels gerangskik! (Dit was gelukkig nie regte skedels nie, net nagemaaktes!)

Die graad elfs het die ongelooflike geleentheid gehad om met die (nagemaakte) skedels van gorillas, sjimpansees en mense te werk. Na hierdie geleentheid, kon almal die museum verder verken en die ongelooflike diere, visse en dinosourus fossiele ontdek.

Ongelukkig kom alle goeie dinge tot ‘n einde en het die Arende presies 14:20 by die skool gearriveer.

[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/08/Akwariumbesoek-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal