[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.105″ background_layout=”light”]
Die skoolkwartaal het skaars begin toe 86 graad 11 leerders saam met drie onderwysers vir ān dagbesoek vertrek het om die āTwo Oceans Aquariumā in die Waterfront en die Kaapstad Museum te besoek.
Die leerders het reeds 7:45 na die akwarium vertrek waar hulle in twee groepe ingedeel is. Die een groep het solank die akwarium gaan verken terwyl die ander groep ān les in ān klas gekry het waar hulle aan seediere soos seesterre kon vat, terwyl ander gediertes in tenks om hulle geswem het. Na ān uur se verken, het die twee groepe omgeruil.
In die akwarium was daar allerhande interessante diere wat die leerders kon besigtig: ān hele kamer vol jellievisse, verskeie tenks met haaie in en ān tonnel waardeur jy kan stap terwyl haaie en pylsterte bo-oor jou kop swem.
NĆ” hierdie opvoedkundige uitstappie, het die graad elfs haastig vertrek om betyds by die Kaapstad Museum uit te kom.
By die Museum aangekom, is hulle na ān groot vertrek gelei waar daar ses tafels reggestaan het met skedels gerangskik! (Dit was gelukkig nie regte skedels nie, net nagemaaktes!)
Die graad elfs het die ongelooflike geleentheid gehad om met die (nagemaakte) skedels van gorillas, sjimpansees en mense te werk. Na hierdie geleentheid, kon almal die museum verder verken en die ongelooflike diere, visse en dinosourus fossiele ontdek.
Ongelukkig kom alle goeie dinge tot ān einde en het die Arende presies 14:20 by die skool gearriveer.
[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/08/Akwariumbesoek-1.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]