O/19 A De Kuilen HS wen 38 – 0
O/19 B De Kuilen HS wen 34 -12
O/19 C HTS Bellville Gelykop 15 – 15
O/19 D HTS Bellville HS verloor 0 – 12
O/16 A De Kuilen HS wen 46 – 12
O/15 A De Kuilen HS verloor 5 – 22
O/14 A De Kuilen HS wen 27 – 0
O/14 B De Kuilen HS wen 60 – 5
- Die o.14ās het ‘n baie suksesvolle naweek gehad. Hulle het gewen met onderskeidelikĀ 27-0 en 60-5.
- By die onder 15ās het De Kuilen sterk begin en binne die eerste 5 minute ‘n drie gedruk. Strand het wel toe hul spelpatroon begin uitoefen en die wedstryd begin domineer. Ongelukkig het hanteerfoute en eenvoudige foute veroorsaak dat net een drie gedruk is in die tyd wat Strand oorheers het.
- Die onder 16A-span het sterk afgeskop, na 15 minute gaan lĆŖ en weer moed in die laaste 20 minute bymekaargeskraap om met ān bevrediginde telling van 46 – 12Ā te spog.
- Die O/19C-span het teen HTS Bellville se B-span gespeel en in ān harde wedstryd gelykop gespeel. Die Strand se samespel tussen voor- en agterspelers was baie goed. Die O/19D-span het met 0-12 teen HTS Bellville se C-spanĀ verloor, maar met groot durf gespeel. Die telling is nie ān getroue weergawe van die wedstryd nie.
- Die onder 19B-span het soos wenners gespeel en mooi aanvallende rugby gespeel om die wedstryde met ān uitslag van 34-12 die wedstryd te beklink.
- Die onder 19A-span het baie stadig begin en kon nie verby die verdediging van De Kuilen kom nie. Die besluit om pale toe skop, was suksesvol en het hulle Ā 3-0 laat voorloop. Die telling het ongeveer die eerste 20 minute so gebly tot Gershon September oorgegaan het vir Strand se eerste drie. Strand het kort daarna weer n drie gedruk met halftyd wat 17-0 in die Arende seĀ guns was. Die tweede helfte het baie stadig begin en Strand is baie vir onkant spel gestraf. Afgesien daarvan is daar dieĀ tweede helfte 3 baie mooi drieĆ« gedruk waarin daar mooi hardlooprugby gesien is. StrandĀ wen die wedstryd 36-0.
Die driedrukkers wasGershon September, Dylan de Witt, Oren Renoster, Dowayne Swartz en Hackuum Jansen. Die 4 suksesvolleĀ doelskoppe en strafskop is deur Cheswille Schamboua aangeteken.