[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.12.2″]
Hoƫrskool Strand Hokkie 2018
Die eerste hokkiespanne het op 25 September hul afsluitingsfunksie in die Kindertrustsentrum gehad. Dit was ān heerlike aand van oulaas kuier en braai saam met die ouers en spelers van 2018 en geskenkies uitdeel.
Die hokkietoekenningsfunksie van 2018 is op Woensdagaand 26 September gehou. Dit was verblydend om te sien dat die hokkie-ouers die funksie in sulke groot getalle ondersteun. Dit was ān aangename, āwarmā funksie wat getuig van omgee vir mekaar.
Daar is in elke groep die volgende toekenningsgemaak: Beste voorspeler, beste agterspeler, vir die speler wat die meeste vordering gemaak het en dan ook aan die beste speler in daardie ouderdomsgroep.
Vir die beste spelers van elke ouderdomsgroep was daar vir die meisies die volgende toekennings ā die Ouer-ondersteunerstrofee vir elke ouderdomsgroep:
D.14: LecƩ van Wyk
D.16: Zani Willmot
D.18: Carlin Fisher
Vir die seuns was daar die drie Liebenberg-trofees:
S.14: Durand van Deventer (Cobus Liebenberg-trofee)
S.16: Jayde Nel (Charl Liebenberg ātrofee)
S.18: Edward Russouw (Pierre Liebenberg-trofee)
Vir die o.18-spelers was daar die volgende trofees:
Van Deventer -trofee beste vordering | Pieter Welgemoed |
CDP van Zyl-trofee vir belowendste voorspeler | Christiaan de Wet |
CDP van Zyl-trofee vir belowendste agterspeler | Xander Barnard |
Jo Potgieter -trofee vir belowendste voorspeler | Dominique Carstens |
Tertia Steyn -trofee vir belowendste agterspeler | Elrika vd Westhuizen |
Die toekennings wat altyd groot opwinding uitlok, is die doelwagter van die jaar en die āGolden Strikerā (die speler wat die meeste doele in ligawedstryde aanteken. Die doelwagterstrofee word vanjaar tussen Enya Scholtz en Attie Lambrechts , die eerste spanne se doelwagters, gedeel.) Die Golden Striker-trofee is deur Rochelle Roos van D.18B verower.
Die spanne van 2018 was vanjaar die D.18B-span (van me. L Scott) en die S.18A-span (van Leani van der Merwe).
So is nog ān jaar se hokkiebedrywighede op luisterryke wyse afgesluit.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ posts_number=”10″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” gallery_ids=”17944,17945,17946,17947,17948,17949,17950,17951,17952,17953,17954,17955,17956,17957,17958,17959,17960,17961,17962,17963,17964,17965,17966,17967,17968,17969,17970,17971″ /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]