Carli Viljoen (gr 12), Chris Langeveldt (gr 11) en Dylan Swarts (gr 8) is vir die Boland Wiskunde-span gekies. Hulle neem op 8 September aan die Interprovinsiale Wiskunde-kompetisie deel. Leerders word op grond van uitsonderlike prestasies tydens die UCT Wiskunde-kompetisie asook die SAMO Wiskunde Olimpiade vir die Bolandspan gekies.