Hoofseuns 2024. In ons reeks oor Hoofseuns 2024, gesels Schools That Rock met die Hoofseun van Hoƫrskool Swartland in Malmesbury, Carlo van der Merwe.
Carlo, vertel ons meer van jouself en jou leierskap. Wat is jou leierskap ervaring?
- Ek het ‘n tipiese choleriese temperament. Ons staan bekend as die “kwaai” temperamente wat baie gedrewe is. Ons is gewoonlik gebore leiers.Ek was baie bevoorreg om in Laerskool Swartland in leiersrolle te wees.Ā Ek was ook hoofseun van die skool in 2019. Verder was ek ook kaptein van die Wes-Boland krieketspan vir ‘n paar jaar. Dan ook van ‘n span wat my baie na aan die hart lĆŖ – HoĆ«rskool Swartland se 1ste krieketspan. Ek is dankbaar om deel van ān sterk VRL te wees by HoĆ«rskool Swartland met blink planne en baie energie.
Wat is jou mees belangrike waardes as leier?
- Ek probeer te alle tye regverdig en konsekwent optree met HoĆ«rskool Swartland se waardes as rigtingwysers – Respek, Ordelikheid, “Commitment”, Kreatiwiteit, Integriteit, Eerlikheid, Self-dissipline.
Vertel ons meer van jou persoonlike doelwitte vir jou leierskapjaar? En vir jou skool?
- Ek sal graag ‘n bydra wil maak binne die bestaande positiewe kultuur van vernuwende denke wat ons skool reeds bied. Dit sal vir my goed wees om iets na te laat waarin ek weet ons leierspan het ‘n betekenisvolle en beduidende aandeel gehad en werklik ān positiewe verskil in die lewens van ander maak.
- My doelwit vir die skool is om voort te bou op die goeie fondasie en van krag tot krag te gaan met alles wat ons aanpak.
Wat is jou sterkste leierseienskap?
- Ek sou reken my vermoƫ om ander aan te moedig en inisiatief te neem.
Hoe kry jy samewerking (commitment) van jou span?
- Deur doelwitte te stel, dit op te deel tussen individue en spanlede en dan verantwoordbaar te hou vir die uitsette. Dit is ook belangrik dat take toegeken word volgens ons spanlede se talente. Ons herinnner egter mekaar aan die voordeel van ān suksesvolle uitkoms en die verskil wat dit sal maak vir ons skool of mede-skoliere. Deur aan die bekwame spanlede wat ek het eienaarskap te oorhandig, is meer effektief as om self alles te probeer beheer.
As jy enige honde ras kon wees, watter ras sou jy wees? Hoekom?
- Dit sou ān worshond wees.Ā Soos hulle, het ek nou nie juis voor in die ry gestaan toe fisieke hoogte uitgedeel is nie. Maar ons het ān groot hart.
Carlo, hoe sal jy jou span lei deur verandering?
- Mense is maar spesies van gewoonte. Verandering klink dikwels opwindend, totdat dit die nodige aksie vereis om die verandering te laat plaasvind.Ā Dis dan wanneer verskonings maklik in die pad kom. Ek sou dink dat ons as span onsselfĀ behoort toe te rus met moontlike oplossings vir struikelblokke.Ā Dit is ook belangrik dat ons met gereelde en oop kommunikasie ons ervaringe deel en mekaar aanmoedig.
Wat staan die meeste vir jou uit by Hoƫrskool Swartland?
- Ons skool het ān ācan do attitudeā ā ongeag finansiĆ«le of ander beperkinge. Ons personeel en leiersĀ maak dinge gebeur en in die proses vorder ons voordurend op die pad na uitnemendhied. Hierdie is ān ongelooflike voorbeeld wat vir ons Rockies gestel word oor hoe om die lewe as geheel aan te durf.
Wie is die persoon na wie jy opsien? Hoekom?
- Ek kyk op na Pat Cummins, die Australiese Krieketkaptein. Hy stel altyd sy spanmaats eerste en ten alle tye probeer hy om die beste reslutate vir sy land te kry.
Wat was die hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver? Hoekom?
- Ek het in my hoƫrskoolloopbaan besef dat ek eintlik skool baie geniet vir verskei redes. Ek waardeer elke geleentheid wat ek saam met my vriende kan deurbring en die onbeskryflike eenheid wat ons as skool is.
Waaroor dagdroom jy?
- Ek is genoeg daartoe om gereeld af te dwaal. Ek geniet dit vreeslik baie om kos te maak, so ek dink meestal of watter nuwe resep ek gaan probeer.
Hoe sal jy graad 7 leerders oorreed om jou skool te oorweeg vanaf Graad 8?
- Ek sal dit baseer op my eie, eerlike ervaring. HoĆ«rskool Swartland bied alles, met die dryf en omgee van uiters bekwame en passievolle onderwysers om enige tiener tot die beste van sy vermoĆ« te ontwikkel in sy hoĆ«rskool jare. Dit sluit in akademie, kultuur Ā en sport, maar ook hoe om jou medemens te dien en met respek te behandel.
In watter rigting wil jy studeer na skool? By watter Universiteit?
- Ek oorweeg tans B.ScĀ Voedselwetenskap of Veeartsenykunde, maar dit en by watter Universiteit, is nog nie ān uitgemaakte saak nie.
Hoe sal jou vriende jou beskryf?
- Ek glo dat my vriende my as die spontane ou sal beskryf en ook die persoon wat altyd nuwe dinge wil aandurf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.zaā
Foto verskaf