)

Hoofseun 2025 – Hoërskool Robertson

Hoofseun 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en vandag gesels ons met Mychal Swart, Hoofseun vir 2025 van Hoërskool Robertson.

“As Hoofleier van Hoërskool Robertson sien ek uit om saam met die leerlingraad die skool na nuwe hoogtes te neem. Ek wil ook ‘n impak maak wat vir lank onthou sal word.

My persoonlike doelwitte vir die jaar is om ‘n inspirasie te wees vir die skool. Om jou eie mens te wees en nie die mens wie ander wil hê jy moet wees nie.

Die eienskap van Hoërskool Robertson wat vir my die meeste uitstaan is die feit dat ons skool teen skole van 2 tot 3 keer ons grootte is kompeteer en nie net kompeteer nie, maar ook baie goed presteer.

Aanpassings by die skool wat ek graag wil sien gebeur, is hoe almal hulle talent vind en dat hulle dit gebruik om die skool te verbeter.

Skool van keuse

Indien ek iemand moet oorreed om Hoërskool Robertson hul skool van keuse moet maak, sal ek hulle maklik kan oortuig. Ek sal noem dat ons akademie op ‘n baie hoë vlak is, asook die omgewing waarin ons skool geleë is. Die skool is op ‘n beeldskone plek geleë. Buiten dit, skep die onderwysers en leerders ‘n vrolike omgewing, met almal wat mekaar ken.

My sterkste leier-eienskap is om respek van ander te kry sonder om op ‘n arrogante manier op te tree of selfs ‘n “ek is beter as jy”-houding te hê. Ek lei deur my voorbeeld en dit maak dat mense luister wanneer ek praat.

Dit is nie nodig om ‘n manier vir samewerking van my span te kry nie. Hierdie span werk klaar saam. Ons besef ons doel in die skool en dat dit belangriker is as ons self. Daarom sal ons nie twee keer dink om moeite te doen en saam te werk nie.

Rafael Nadal

Die persoon na wie jy die meeste opsien is Rafael Nadal. Hy is een van die suksesvolste sportsterre, omdat hy doelgerig en hardwerkend is. Hy het die respek van almal in die sport-wêreld as gevolg van sy liefde vir die sport. So lief het hy die sport dat hy nog nooit in sy lewe ‘n raket gebreek het nie. Ek streef daarna om so koel en kalm soos hy in spannende oomblike te wees en nie toelaat dat jou emosies oorneem nie.

Waaroor ek dagdroom? Ek dagdroom 99% van die tyd oor Interskole.

My gunsteling gereg is bacon met mash!

Indien ek ‘n kombuis-artikel moes wees, sou ek n spaan wees, want ek het die vermoëns om mense se lewens om te draai.

My loopbaankeuse is om ‘n ortopediese chirurg te word. Ek het nie ‘n spesifieke universiteit in gedagte nie, maar ek sal gaan waar ek plek kan kry.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hoerskoolrobertson.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal