Hoofleier 2023. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Jessé Jordaan. Jessé, Hoofseun van Hoërskool Trio vir 2023, vertel ons meer van homself en sy leierskap.
“Ek het in Kroonstad groot geword, hier in die hartjie van die Vrystaat. Dit is vir my ‘n groot voorreg om as hoofleier van die nuwe Hoërskool Trio gekies te word. Die leierskap posisies wat ek al beklee het, het my geleer hoe belangrik integriteit werklik is.
My persoonlike doelwitte vir 2023, is om die jaar met dryf en entoesiasme aanpak. Na skool wil ek graag in ‘n finansiële rigting studeer, so goeie punte is uiters belangrik. Daar moet darem genoeg tyd vir sport en ontspanning ook wees. Trio het hierdie jaar baie hoë mylpale gestel in hierdie gebied, wat ek glo ons in 2023 sal kan behou.
As Hoofleier 2023, is my doelwit in hierdie dienstermyn vir Hoërskool Trio, is om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Elke leerder is uniek en die VRL gaan saamwerk om elke leerder deel van die Trio familie te maak. Nuwe tradisies, dissipline en respek is ‘n goeie beginpunt hiervoor.
Hierdie jaar was die eerste bestaansjaar van Trio. Vir my was die aanpassing ‘n groot uitdaging. Ek het geleer om die voor en nadele van enige situasie teen mekaar op te weeg. Ook dat ‘n mens moet leer uit foute, want dit is die beste leerskool.
Wat meeste uitstaan by Trio
Wat vir my die meeste uitstaan by Trio, is dat dit opmerklik is dat ons onderwysers en afrigters werklik ‘n passie het vir wat hulle doen. Hulle stel ook die belang van die leerders bo enige iets anders.
Ek het hierdie jaar die voorreg gehad om Quintin Geldenhuys, Rugby Direkteur van Trio te leer ken. Hy inspireer my om nederig te bly en om aan te hou werk vir dit wat ek wil bereik in die lewe.
Ek dink, as ‘n kombuisartikel, is ek beslis ‘n koffiebeker. Daar is min dinge wat mens so bevredig soos ‘n lekker koppie koffie… almal sien tog uit na die eerste koppie koffie in die oggend. In ons huis is ons ook baie lief daarvoor om saam ‘n laaste koppie koffie te drink voor ons gaan slaap.
My vriende sien my, as Hoofleier 2023, as iemand wat baie gematig en konsekwent is. Hulle weet dat hulle op my kan vertrou om hulle in enige omstandigheid by te staan.
Ek werk hard daaraan om geleenthede wat ek gebied word te benut. Dit motiveer my as ek iets bereik om die trots op ander se gesigte sien.
As Hoofleier 2023, sal ek leerders om die volgende redes aanraai om deel van Trio te word. By Trio kan jy kies uit so groot verskeidenheid vakke. Jou toekoms-drome word nie beperk nie. Ons beskik oor ‘n plaas waar kinders hulle landbou passie kan uitleef. Ons het ook werkswinkels vir dié wat in ‘n meer praktiese rigting belangstel. Dan maak ons ook natuurlik seker dat ons sosiale ontwikkeling nie agterbly nie.
Juffrou Juanita Kriel gee vir my Rekeningkunde en sy is ook my gunsteling onderwyser. Ons Rek-klas het so ‘n lekker verhouding met haar en sy maak ‘n periode vir ons baie interessant.
My toekoms-ideale is sukses. Om suksesvol te wees in dit wat ek aanpak. Of dit nou studies, ‘n beroep of my verhoudings met ander is.
Head Leader 2023.
In our series on schools’ Head Leaders for next year, Schools That Rock talks to Jessé Jordaan. Jessé, Head Boy of Trio High School for 2023, tells us more about himself and his leadership.
“I grew up in Kroonstad, here in the heart of the Free State. It is a great privilege for me to be chosen as the Head Leader of the new High School Trio. The leadership positions I have held have taught me how important integrity really is.
My personal goals for 2023, are to tackle the year with drive and enthusiasm. After school, I would like to study in a financial field, so good academic results are extremely important. At least there should be enough time for sports and recreation as well. Trio have set very high milestones in this area this year, which I believe we will be able to keep in 2023.
My goal in this tenure for Trio High School is to make a difference in the lives of others. Each learner is unique and the UBL will work together to make each learner part of the Trio family. New traditions, discipline and respect are a good starting point for this.
What stands out most at Trio
What stands out most to me about Trio is that it’s remarkable that our teachers and coaches really have a passion for what they do. They also put the interest of the learners above anything else.
This year I had the privilege of getting to know Quintin Geldenhuys, Rugby Director of Trio. He inspires me to stay humble and to keep working for what I want to achieve in life.
I think as a kitchen article I’m definitely a coffee mug. There are few things that satisfy you as much as a nice cup of coffee. After all, everyone is looking forward to the first cup of coffee in the morning. In our house, we also love having one last cup of coffee together before bed.
My friends see me as someone who is very moderate and consistent. They know that they can rely on me to assist them in any circumstance.
I work hard to take advantage of opportunities I am given. It motivates me when I achieve something to see the pride on other people’s faces.
I would advise learners to become part of Trio for the following reasons. At Trio, you can choose from such a wide variety of subjects. Your future dreams are not limited. We have a farm where children can live out their agricultural passion. We also have workshops for those interested in a more technical direction. Then, of course, we also make sure that our social development is not left behind.
Miss Juanita Kriel teaches me Accounting and she is also my favourite teacher. Our Accounting class has such a nice relationship with her and she makes a period of time very interesting for us.
My future goals are success. To be successful in what I take on. Whether it’s studies, a profession, or my relationships with others.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied