Hoofdogter Eldoraigne. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Miya Wood. Miya, Hoofleier van Hoërskool Eldoraigne vir 2023, vertel ons meer van haarself en haar leierskap.
“Ek het ‘n hart vir mense. Daarom hou ek daarvan om die mense om my te help en ondersteuning te bied vir dié wat dit kort. Ek is iemand wat geleenthede met albei hande aangryp. Om die verskil wat ek graag wil sien te maak, moet ek hard werk
My persoonlike doelwitte vir volgende jaar is dat ek nou die geleentheid het om ‘n positiewe verskil te maak. Ek wil dit ten volle benut. Aan die einde van my skoolloopbaan wil ek weet dat ek my alles gegee het en elke liewe geleentheid aangegryp het. Ek wil elke oomblik van my laaste jaar in Eldoraigne geniet. My grootste doelwit is om, ten spyte van die chaos, altyd die mooi dinge raak te sien en dankbaar te wees vir die goeie.
Dienstermyn
My doelwit vir my dienstermyn volgende jaar is dat ek ‘n ‘legacy’ wil agterlaat by Hoërskool Eldoraigne. Ek wil ‘n positiewe verskil maak wat nie sommer vergeet sal word nie. Verder wil ek elke leerder aanmoedig om betrokke te raak, en ek wil skooltrots en -gees bevorder. Ek wil vir leerders ‘n veilige spasie skep om hulle gevoelens en opinies te kan deel, sodat almal se stemme gehoor kan word.”
Wat was die grootste uitdagings wat jy ervaar het as leerder van jou skool? “Elke tiener probeer op een of ander manier inpas op ‘n stadium. Ek het vir ‘n lang ruk gesukkel om myself te wees omdat ek te bang was wat mense van my sou dink. Ek het alles in my vermoë gedoen om presies soos die res op te tree, aan te trek, ensovoorts. Dit is seker iets wat byna elke tiener ervaar, maar dit het my laat besef wie my ware vriende is, en wie ek regtig is.
Wat vir my die meeste uitstaan by Eldo is die baie projekte wat gehou word net vir die leerders se genot. Daar word ‘n klomp geleenthede gehou net vir die lekkerte, en dit hou die gees van die skool hoog. Daar is altyd iets om na uit te sien.
Amanda Gorman
Die persoon na wie ek opsien vir inspirasie of mentorskap , is Amanda Gorman. Sy is ‘n jong skrywer, digter en aktivis.”
Jy is ‘n kombuisartikel. Wat is jy en hoekom. ‘n “Blender”, want ek probeer om die beste in almal uit te bring.
Ek dink my vriende sal my beskryf as vriendelik, vol ambisie, vurig, en ‘n bietjie vreemd.
Wat my motiveer om my ideale te bereik is om terug te kyk en te sien hoe ver ek gekom het, hoeveel jy bereik het, en op hoeveel mense ek ‘n impak gemaak het. Teen die einde van my jaar wil ek weet dat ek elke taak met ywer aangepak het en die beste gemaak het van die geleenthede wat vir my gegee is. Ek wil nie wonder oor “wat kon gebeur het” of “wat anders kon wees” as ek ‘n bietjie harder gewerk het of ‘n bietjie meer moeite gedoen het nie.
Iets vir almal
Ek sal leerders aanraai om ook deel van Eldoraigne te word omdat daar iets vir almal is. Daar is iets vir almal. Daar is vir elkeen ‘n plekkie en ‘n kans om uit te staan op watter gebied ookal hulle in belangstel.
My gunsteling onderwyser is my voogjuffrou, Juffrou Potgieter. Sy het ‘n hart van goud en straal liefde en omgee uit. Juffrou Potgieter is regtig soos ‘n ‘skoolmamma’ en sy kyk so mooi na elkeen van haar leerders. Sy is altyd bereid om te luister, ‘n skouer te wees om op te huil, en om alles in haar vermoë te doen om ons te help.
My toekoms-ideale is om sielkunde te studeer en my eie praktyk te vestig waar ek met kinders en veral tieners spesifiek wil werk.
Headgirl Eldoraigne. In our series on schools’ Head leaders for next year, Schools That Rock talks to Miya Wood. Miya, Headgirl of Eldoraigne High School for 2023, tells us more about herself and her leadership.
“I have a heart for people, and I love helping the people around me and providing support for those who lack it. I am also someone who grabs opportunities with both hands and works hard to make the difference I would like to see.
Personal goals
My personal goals for next year are that I now have the opportunity to make a positive difference. I want to take full advantage of that. Furthermore I want to know at the end of my school career that I gave my all and grabbed every single opportunity. I want to enjoy every moment of my last year in Eldoraigne. My biggest goal, despite the chaos, is to always notice the beautiful things and be grateful for the good.
My goal for my term of service next year is that I also want to leave a ‘legacy’ behind at Eldoraigne High School. I want to make a positive difference that will not be forgotten. Furthermore, I want to encourage every learner to get involved, and I want to promote school pride and spirit. I want to create a safe space for learners to share their feelings and opinions so that everyone’s voices can be heard.
Biggest Challenge
What were the biggest challenges you experienced as a learner of your school? “Every teenager is trying to fit in some way at some point. I struggled for a long while to be myself because I was too scared what people would think of me. I did everything I could to act exactly like the rest, dress, and so on. It’s probably something that almost every teenager experiences, but it made me realize who my true friends are, and who I really am.
What stands out most to me at Eldo is the many projects that are held just for the learners’ enjoyment. There are a bunch of events held just for fun, and it keeps the spirit of the school high. There is always something to look forward to.
The person I look up to for inspiration or mentorship is Amanda Gorman. She is a young writer, poet and activist. You’re a kitchen article. What are you and why. A “blender”, because I try to bring out the best in everyone.
I think my friends would describe me as kind, full of ambition, fiery, and a little weird.
Motivation
What motivates me to achieve my goals is to look back and see how far I’ve come. Also how much you’ve accomplished, and how many people I’ve made an impact on. I want to know at the end of my year that I took on every task with diligence and made the best of the opportunities that were given to me. I don’t want to wonder about “what could have happened” or “what could have been different” if I had worked a little harder or put in a little more effort.
At Eldoraigne there is also something for everyone. That is why I would advise learners to also become part of Eldo. There is a spot for everyone and a chance to stand out in whatever field they are interested in.
My favorite teacher is my guardian teacher, Miss Potgieter. She has a heart of gold and radiates love and care. Miss Potgieter is really like a ‘school mom’ and she looks so closely at each of her learners. She is always willing to listen, to be a shoulder to cry on, and also to do everything in her power to help us.
My future goals are to study psychology and establish my own practice where I want to work with children and especially teenagers specifically.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied