)

Hoofdogter 2025 – Hoërskool Bultfontein

Hoofdogter 2025. Vanjaar gesels Schools That Rock weer met die Hoofleiers van Hoërskole in Suid-Afrika. Tweede aan die beurt is Mienke Olivier. Mienke is die Hoofdogter 2025 van Hoërskool Bultfontein.

” As hoofdogter 2025 van Hoërskool Bultfontein, sien ek die meeste daarna uit om te groei. Hier waar God my geplant het om ‘n verskil te maak in hiérdie skool. Ek wil diep voetspore trap. My persoonlike doelwit vir my leierskapjaar is om ‘n verskil in ons skool en in ons leerders se lewens te maak. My doelwit vir my skool is dat ons, as Bulties, ons liggies sal laat skyn. Ons moet ook in alle omstandighede uitstaan. Dis dalk ‘n klein skooltjie, maar elke leerder het ‘n hart van goud. Ek wil graag hê ander moet dit raaksien.

Eienskappe

Die eienskappe van my skool wat vir my uitstaan, is die manier hoe ons leerders mekaar ondersteun, motiveer en aanmoedig. Die Bulties kyk uit vir mekaar! Ek sal graag wil sien hoe elkeen van ons leerders hierdie jaar groei en hulle selfvertroue bou. Elkeen van hulle is spesiaal en uniek geskep deur God en hulle moet dit onthou. Ek sal ook wil sien hoe hulle ons Bultie-waardes hiérdie jaar uitleef.

Ek wil graag ook ander leerders oorreed om Hoërskool Bultfontein hul keuse vir ‘n skool sal maak. Bulties is nie net ‘n skool nie. Dis ‘n plek waar vriendskappe gebou word, drome waar word en herinneringe gemaak word. Hierdie klipsteengebou is ons tweede huis. Die groen-en-blou strepies baadjie wat ons aantrek, is ons trots en ons medeleerders is soos familie. Hier by Bulties word elkeen raakgesien. Hier is soveel geleenthede en onderwysers wat ondersteuning bied. By ons kan jy groei, hard werk om sukses te behaal en jou volle potensiaal bereik.

Sterkste leier-eienskap

As ek moet sê wat ek dink my sterkste leier-eienskap is, is dat ek verantwoordelikheid neem vir alles wat ek doen en ek is ook eerlik.

Om samewerking van my span te kry hierdie jaar, moet ons eers mekaar se vertroue wen. Ons moet mekaar ook respekteer en motiveer. Om samewerking te kry, luister ons na elkeen se opinies en idees want as hulle weet hulle word gehoor, sal hulle saamwerk. Die duidelike kommunikasie tussen ons span dra ook by tot goeie samewerking.

My rolmodel is die Amerikaanse sangeres, Lauren Diagle. Sy leef haarself in haar musiek uit en as sy sing, kan ‘n mens haar liefde vir Jesus ‘sien’ – dis aansteeklik. Ek bewonder haar, want ek dink sy is so ‘n groot voorbeeld vir elkeen van ons!

As ek moet sê wat my gunsteling gereg is, sal dit ‘n hoender-‘wrap’ met ekstra mayonnaise wees!

As ek ‘n kombuis-artikel moet wees, sal ek ‘n versierbuis wil wees, want ‘n versierbuis vorm alles wat mooi is op ‘n kolwyntjie of ‘n koek.

Iets waaroor ek graag dagdroom is my eie koffiewinkeltjie op die hoek van ‘n Clarens-straat met die mooiste uitsig oor die berge en ‘n oranje-rooi sonsondergang.

Ek wil graag na skool my liefde vir bak en brou gaan uitleef en ‘n sjef word. Ek wil my graag by die FBI – Sjefskool in Bloemfontein as ‘n sjef bekwaam.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.facebook.com/bulties

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal