)

Hoofdogter 2025 – Hoërskool Bredasdorp

Hoofdogter 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so. Vandag gesels ons met Mieke Saayman, Hoofdogter 2025 van Hoërskool Bredasdorp, geleë in die Overberg, Wes-Kaap.

“Ek sien die meeste daarna uit om in my leierskapjaar ‘n verskil te maak in my skool en in ander se lewens. Ek wil ook groei en verbeter as mens sowel as ‘n leier. Om ander te help groei is ook my doelwit.

Ek wil graag my laaste skooljaar my beste jaar maak en elke geleentheid aangryp. Ek wil my alles gee in alles wat ek aanpak en elke oomblik geniet. Ons skool se tema vir 2025 is voetspore. Dit is ‘n doelwit wat ek vir myself en die skool, veral die matrieks, het om voetspore na te laat.

Die eienskappe van Hoërskool Bredasdorp wat die meeste uitstaan, is dat ons skool aan almal die geleentheid bied om hul talente te ontwikkel en hul volle potensiaal uit te leef. Dit sluit onder andere sport, kultuur en akademie in.

Veranderinge wat ek graag by ons skool wil sien gebeur, is dat meer kinders betrokke raak by deelname aan sport, asook as ondersteueners. Ek wil ook graag sien dat leerders trots is op ons skool en dit wys waar ookal hulle is.

Ek sal iemand oorreed om van my skool hul keuse te maak deur aan hulle te vertel dat ons skool vir almal geleenthede bied om te presteer op akademiese en sportgebied sowel as op kultuurgebied. Hulle kan deur hul betrokkenheid hul talente verder ontwikkel asook nuwe talente ontdek.

Leiers-eienskap

My beste leiers-eienskap is dat ek nie deur woorde lei nie, maar deur aksies.

Om samewerking van ons span te ontvang, sal ek goed beplan en georganiseerd wees sodat my span presies weet wat gedoen moet word. Ek sal ook my span aanmoedig, want deur samewerking kry ons soveel meer gedoen.

Die persoon na wie ek die meeste opsien, is my pa. Hy tree altyd met respek teen ander mense op. Hy dink ook altyd eers aan ander voordat hy aan homself dink. My ouers is ook my grootste ondersteuners en ek kyk op na hulle.

Waaroor ek die meeste dagdroom, is vakansies by die see.

My gunsteling gereg is pasta met spek en sampioene!

Ek is nog nie seker watter loopbaan ek wil volg nie, maar ek sal die antwoord binnekort vind. Ek wil graag by die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsbredasdorp.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal