Heart Health

Hoof- en onderhoofleiers – Hoërskool Hugenote voorstelling

Hoof- en onderhoofleiers. Met trots en opgewondenheid kondig Hoërskool Hugenote, Springs, die aanstelling van hul nuutverkose leiers aan. Hierdie jong mense blink uit deur hul karakter, toewyding en voorbeeldige gedrag. Hulle is die stemme, gesigte en harte van Hoërskool Hugenote. Hugies vertrou dat julle hierdie rol met eer, nederigheid en toewyding sal vervul.

Leierskap is nie net ’n titel nie — dit is ’n roeping tot diens, verantwoordelikheid en die vermoë om ander te inspireer. Mag julle altyd onthou dat ware leiers dié is wat luister, ondersteun en met ’n sagte hart, maar ’n sterk gees lei.

Hoërskool Hugenote wens julle ’n jaar toe van groei, samewerking en trots. Ook ’n tyd waarin julle nie net leiding gee nie, maar ook self leer, ontwikkel en blywende herinneringe skep. Julle dra die nalatenskap van dié wat voor julle gestaan het. Julle bou nou verder aan ons Hugenote-storie waarin “Die Legende voortleef.”

Mag jul lig in 2026 helder skyn, jul voetspore diep trap en jul invloed blywend wees. Die Hugies staan nie net agter julle nie. Hulle stap saam met julle, elke tree van die pad, met vertroue, respek en trots.

Hoofleiers van 2026:

  • Hoofseun: Christian Basson
  • Hoofdogter: Anja Roets
  • Onderhoofseuns: Bjorn du Preez, Mats du Preez, Zander JV Vuuren
  • Onderhoofdogters: Monique Bezuidenhout, Leané Griezel, Larissa le Grange

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hugies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Eintlik kàn godsdiens ‘n mens baie ryk maak. 1Timoteus 6: 6-8 Thought of the Week – But godliness actually is a source of great gain…

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala. Swartland blink uit in Stellenbosch. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se swemspan het op 30 Oktober aan die eerste Liga-swemgala van die 2025/26-seisoen deelgeneem. Die gala is by Rhenish Girls High…

Leave a Reply

You Missed

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit