)

Hoof- en onderhoofleiers – Hoërskool Hugenote voorstelling

Hoof- en onderhoofleiers. Met trots en opgewondenheid kondig Hoërskool Hugenote, Springs, die aanstelling van hul nuutverkose leiers aan. Hierdie jong mense blink uit deur hul karakter, toewyding en voorbeeldige gedrag. Hulle is die stemme, gesigte en harte van Hoërskool Hugenote. Hugies vertrou dat julle hierdie rol met eer, nederigheid en toewyding sal vervul.

Leierskap is nie net ’n titel nie — dit is ’n roeping tot diens, verantwoordelikheid en die vermoë om ander te inspireer. Mag julle altyd onthou dat ware leiers dié is wat luister, ondersteun en met ’n sagte hart, maar ’n sterk gees lei.

Hoërskool Hugenote wens julle ’n jaar toe van groei, samewerking en trots. Ook ’n tyd waarin julle nie net leiding gee nie, maar ook self leer, ontwikkel en blywende herinneringe skep. Julle dra die nalatenskap van dié wat voor julle gestaan het. Julle bou nou verder aan ons Hugenote-storie waarin “Die Legende voortleef.”

Mag jul lig in 2026 helder skyn, jul voetspore diep trap en jul invloed blywend wees. Die Hugies staan nie net agter julle nie. Hulle stap saam met julle, elke tree van die pad, met vertroue, respek en trots.

Hoofleiers van 2026:

  • Hoofseun: Christian Basson
  • Hoofdogter: Anja Roets
  • Onderhoofseuns: Bjorn du Preez, Mats du Preez, Zander JV Vuuren
  • Onderhoofdogters: Monique Bezuidenhout, Leané Griezel, Larissa le Grange

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hugies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal