Hokkiebestuur -Hoërskool Potchefstroom Gimnasium is trots om aan te kondig dat drie van hulle hokkiepersoneellede verkies is tot die Noordwes hokkiebestuur.
Hierdie benoemings getuig van hul uitmuntende betrokkenheid, kundigheid en passie vir die sport, nie net op skoolvlak nie, maar regdeur die provinsie.
Zandrie Reynders sal verantwoordelik wees vir ligas en geleenthede vir beide seuns en dogters. Sy dien ook as Noordvaal-bestuurder en Noordwes-verteenwoordiger.
Schani Moore neem die leiding van proewe en keuring vir dogters. Schani is aangewys as Noordwes hokkiebestuur se voorsitter van die dogters.
Johanné Fourie hanteer kommunikasie en sosiale media – ’n sleutelrol in die sigbaarheid en betrokkenheid van Noordwes-hokkienuus.
Gimmies is ongelooflik trots op hierdie hokkiepersoneellede se prestasies! Hulle dra nie net by tot Gimmie-sport se sukses nie, maar ook tot die groei van hokkie in die Noordwes-streek.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








