Hokkie Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Johandre Hoon. Johandre is die kaptein van Hoërskool Punt in Mosselbaai, se 1ste seuns hokkiespan. Hy teken vandag die vier-en-twintigste doel aan in ons reeks oor Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek het begin hokkie speel toe ek 14 jaar oud was in Graad 8. Ek het aan die begin van graad 8 besluit om te speel as gevolg van my register juffrou. Van die eerste oefening af het ek besef dat ek baie van hokkie hou.
Austin Smith is vir seker my gunsteling professione hokkiespeler. My rede daarvoor is omdat hy so ‘n groot passie het vir die sport en hy is ook baie talentvol.
Die posisie wat ek tans speel is ‘Center back.’ Ek het al tevore ‘wing’ gespeel asook ‘link’, maar ek vind dat ek van ‘back’ hou omdat ek die hele spel kan sien.
Ek is die eerste keer as hokkie kaptein verkies in Graad 11. Ek beskou die grootste taak van die hokkie kaptein om die spelers te motiveer en om hulle reg te help waar hulle sukkel.
Ons span oefen twee keer ‘n week, maar soms oefen ons drie keer ‘n week. Ja, ek het ook my eie oefenprogram. Ek oefen elke dag na skool vir ongeveer ‘n half- uur op my eie.
Bekwaamhede
Myns insiens is die bekwaamhede waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik ‘to be humble, respectful, commited and to be consistent‘. My sleutel tot sukses op die hokkieveld is om as een span te speel en nie as individue nie.
Dit wat my, as hokkie kaptein, elke keer inspireer wanneer ek op die hokkieveld stap vir ‘n wedstryd, is die gees van die span asook die eerste span dogters wat altyd ‘n tonnel maak voor ‘n wedstryd en ons bystaan.
Die manier hoe ek as hokkie kaptein druk hanteer tydens ‘n wedstryd, is deur rustig te raak en net vir ‘n oomblik te dink wat ons moet doen en struktuur te behou. As kaptein motiveer ek my span voor die begin van ‘n wedstryd deur aan elke speler te vra of hy gereed is.
My vyf prioriteite in die lewe is God, familie, skool, sport en gesondheid.
Beginners
My raad aan beginners in hokkie, is om net te begin by die begin en elke dag hard te werk. Deur dit te doen, sal jy sukses behaal.
Ja, ek kyk gereeld na hokkie wedstryde op televisie. Dit is inspirerend om ye sien hoe professionele spelers speel. Ek het al baie na Austin Smith se wedstryde gekyk. Wat ek daardeur geleer het, is hoe om die bal van een kant van die veld in sekondes na die ander kant te kry.
Ek hanteer my verantwoordelikhede by hokkie saam met sosiale en akademiese verantwoordelikhede, deur elke dag uit te sit om te leer vir toetse asook my huiswerk in te haal. Indien daar dan tyd is, spandeer ek dit aan my vriende of familie.
Ja, ek wil graag voortgaan met hokkie na skool. Ek is reeds betrokke by ‘n hokkieklub en ek sal graag ook vir die universiteit speel.
My grootste hoogtepunt die afgelope 5 jaar, is dat ek nou al vier jaar vir die eerste span speel en dit is hierdie jaar die tweede jaar wat ek hokkie kaptein van die eerste span is.
Ander belangstellings
Ander belangstellings buiten hokkie is motorfietse, jag en om staproetes te doen.
My afrigter en spanmaats beskryf my as hardwerkend, betroubaar en iemand wat altyd 100% gee.
Voorstelle wat ek gemaak het wat goed gewerk het, is om spelers te ruil en op beter plekke te plaas waar hulle sterker is.
My rolmodel is ons afrigter. Ons noem haar tannie Liza. Ek ken haar persoonlik en kyk op na haar.
Wat my die meeste opgewonde in die lewe maak, is om op ‘n astro baan te klim en net heeldag lank hokkie te speel.
Die professionele hokkiespeler met wie ek graag wil koffie drink, is Austin Smith.
Ek sal myself beskryf as hardwerkend.“
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf