[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
Hoogstaande gehalte Hokkie!
Die afgelope naweek van 19 – 20 Mei was ‘n stampvol sportgevulde naweek vir Uppies Hokkie.
Op Vrydag 19 Mei vertrek die 1ste Seuns na Kimberley om deel te neem aan die NK seunshokkieproewe. Na ‘n uitputtende dag van proewe speel die seuns ‘n wedstryd teen St Patricks CBC en klop hul met ‘n telling van 1-0. Ongelukkig kon ons seuns nie tuis deelneem aan die jaarlikse sportdag teen Diamantveld nie as gevolg van hul proewe, maar nie te min, vind die wedstryd toe plaas op Kimberley se astro vroeg saterdagoggend. Dit was ‘n titaniese stryd waar beide spanne goeie hokkie ten toon gestel het. Op die uiteinde oorwin Uppies vir Diamantveld met ‘n telling van 1-0.
Uppies Hokkie se meisiespanne het tuis gebly en deelgeneem aan die jaarlikse sportdag teen Diamantveld. Die tellings was as volg:
0/14 A HU vs Diamantveld – verloor
0/16 A HU vs Diamantveld – verloor 1-0
0/16 B HU vs Diamantveld – gelykop 0-0
0/18 B HU vs Diamantveld – verloor 1-0
0/18 A HU vs Diamantveld – verloor 1-0, dit was ‘n skitterende stryd, waarin ons dogters net net nie die gelykmakende doel kon aanteken nie.
Al die wedstryde het in goeie sportmangees plaasgevind en ons vrienskapsbande met Diamantveld is net verder versterk.
Baie dankie aan elkeen van ons borge, ouers en vriende wat bygedra het tot ‘n suksesvolle sportdag. Uppies hokkie waardeer elkeen van u.
Groep Seuns foto:
Agter vlnr: Morne Dlephu, Theuns Theunissen, Joshua Coghlan, Julian Oraine, Brendon George.
Middel vlnr: JP Louw, Hendri de Beer, Gerhard jansen van Vuuren, Willfred Titus.
Voor vlnr: Cobus Fourie, Mason Adams, Conwill Mouers, Cyrikus Cloete.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor