Hokkie Afrigtingskliniek. Gedurende die afgelope vakansie het die 1ste Hokkiespan van HoĆ«rskool Aliwal-Noord ‘n afrigtingskliniek bygewoon. Potchefstroom het gasheer gespeel vir die kliniek. Groot skole van regoor die land het die hokkie afrigtingskliniek bygewoon. Die afrigting is in die oggende aangebied deur sommige SA spelers, Provinsiaal asook PUK spelers.
In die middae en saans het die verskillende skole in vollengte wedstryde teen mekaar gespeel. Die doel was om die afrigtingsvaardighede teen mekaar toe te pas. Alies het 9 wedstryde in 4 dae gespeel en het die volgende indrukwekkende uitslae behaal:
- Alies speel 0-0 gelykop teen Transvalia B
- Verloor 0-1 teen EG Jansen
- ANHS wen 4-0 teen Transvalia A
- Alies verloor 1-4 teen Potchefstroom Gimnasium
- Wen 5-0 teen Rand Park High
- Wen 1-0 teen Brandwag Benoni
- Alies wen 2-1 teen Frikkie Meyer Thabazimbi
- Alies verloor 0-1 teen Hoƫrskool Menlo
- Wen 4-1 teen Hoƫrskool Klerksdorp
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf