Hoëveld Tennisliga. EHS het op 12 en 13 Augustus aan die Hoëveld Tennisliga deelgeneem in Secunda.
Die volgende hoërskole het mekaar die stryd aangesê: Hoërskool Ermelo, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Curro Secunda, Hoërskool Standerton, Hoërskool Piet Retief en Ligbron Akademie vir Tegnologie.
EHS is besonders trots op agt van hul tien spanne wat eerste geëindig het in die liga.
EHS dogters verower eerste plek in die liga met al vyf hul dogterspanne.
Die seunsspanne vaar as volg:
- Die eerste span eindig tweede
- die tweede span eindig derde
- die derde, vierde en vyfde spanne wen hul afsonderlike ligas





Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








