Gedurende 20 en 21 Maart se vier en vyf kwalifiserende rondtes wat gehou is in Bethlehem het Mieke du Plooy en Mignon Thomas van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, baie goed presteer. Verskeie provinsies was verteenwoordig en hierdie twee meisies het Bethlehem Klub, Maluti Western Riders en Witteberg se naam hoog gehou.
Uitslae:
Q4- Mieke du Plooy, Vlak 3: 1ste plek met Brown en 2de Plek met Zilla
Q4- Mignon Thomas, Vlak 2: 2de plek met Yster. Sy het opgeskuif van Vlak 1 na 2 en behaal: 5de plek met Fire Blaze
Q5- Mieke du Plooy Vlak 3: 1ste Plek met Brown en 3de Plek met Zilla
Q5- Mignon Thomas, Vlak 2: 6de Plek met Yster en 7de Plek met Fire Blaze
Baie geluk aan Mieke en Mignon!