)

Hoër Meisieskool Oranje leerder nr. 1-posisie op Tennis SA se ranglys vir o.14-spelers

Donna le Roux, 13-jarige tennisspeler van Hoër Meisieskool Oranje, bevind haarself in die nr. 1-posisie op Tennis Suid-Afrika se ranglys vir o.14-spelers.

Sy het vroeër vandeesmaand die eerste keer tot nr. 1 gevorder. Dit is die eerste keer in onlangse jare dat ’n Oranje-leerder haarself bo-aan ’n nasionale ranglys bevind. Donna was vroeër in haar loopbaan die land se voorste speler in haar ouderdomsgroep toe sy in 2016 en 2017 die Junior Nasionale-titel vir o.10’s verower het. Sy was in 2019 in die Suid-Afrikaanse o.12-span wat in Morokko in die Afrika Junior-kampioenskap meegeding het.

Van haar onlangse suksesse was die verowering van die Kaapstad Growthpoint Super8-kroon in Desember. Sy het in die enkelspel en dubbelspel geseëvier. Donna was ook die kampioen by die KM Sport Premier Challenge in Oos-Londen en twee Vrystaat Mini-toernooie.

Ook in die SA o.14-ranglys se top 20 is Ansoné Theron in die 18de posisie. Liné Greyling is 7de op die o.18-ranglys en Cayline le Grange 12de.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal